IS se tweede in bevel sterf in Sirië

Abdul al-Rahman Mustafa al-Qaduli. Foto: https://en.wikipedia.org

Abdul al-Rahman Mustafa al-Qaduli. Foto: https://en.wikipedia.org

Amerikaanse magte het die Islamitiese Staat (IS) se tweede in bevel in Sirië om die lewe gebring, het Amerikaanse media Vrydag berig.

Amerikaanse verdedigingsamptenare het aan die media bevestig dat Abdul al-Rahman Mustafa al-Qaduli in die afgelope 48 uur gesterf het en bygevoeg dat dit nié tydens ʼn lugaanval was nie.

Ashton Carter, sekretaris van die departement van verdediging, het glo reeds die aankondiging van sy dood tydens ʼn mediakonferensie in die Pentagon bevestig.

Die VSA het ʼn beloning van 7 miljoen dollar uitgereik vir al-Qaduli en gesê hy is ʼn senior IS-leier wat teruggekeer het na die terroristegroep nadat hy in 2012 uit die tronk vrygelaat is. Hy is sedert 2004 ʼn lid van al-Kaïda en het as die adjunk-leier van dié organisasie in Irak gedien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

JB ·

Gebruiklike Amerikaanse propaganda…hul weermag is helde in hul eie droomwereld. Amerika kon nog nooit, en sal nooit ‘n oorlog wen nie. Als net werkskepping en materiaal vir Hollywood beeldpoetsers.

Hendrik ·

JB, as dit nie vir die Amerikaners was nie, het Europa vandag Duits gepraat en Rusland en Sjina sou Japanees gepraat het. Jy weet regtig nie waarvan jy praat nie.

Frans ·

Die ruse het hom dalk lankal al uitgehaal amerikans skruk nou ers waker

gatiep ·

Frans ek sal glad nie vebaas wees as jy reg is nie. Die amerikaners lewe in n droomwereld.

Lynne ·

JB en Frans – siestog! geen insig so bly liewer stil, julle maak julle name krater!

Pieter.v ·

Lynne ek stem saam en party mense moet miskien leer spel.

Andre ·

Ja Pieter maak dit eerder sommige mense, party is nie die beste taalgebruik nie. Dalk word die man deur Obama betaal om te se hy is dood

Pieter.v ·

Dankie vir die les ,maar geen dooie mens kan iets se nie.

Neil ·

Snaaks as ek dit reg het is dit nou al die 3de keer wat die No.2 van die groep dood is. Dink die is maar weer us propaganda

Karolis ·

Neil, elke keer as no2 uitgehaal word dan word daar weer ‘n no2 aangestel.

Asjas ·

ISIS dood honderde mense per dag dan moet ek opgewonde raak as US een dood? Jammer maar hulle sal meer drasties moet optree. Die dood van Osama Bin Ladin het niks gehelp nie en hy was No. 1?? Die volgende ou is al ingesweer en besig om oorlog toe maak …

REGINA ·

Is Osama Bin Ladin toe rerig dood? Waarom is hy so skielik sommer ter see “begrawe”? Ek byt moeilik aan daardie “storie” soos aan hierdie ene ook! Die VSA het n geskiedenis van “toesmeerdery” oa die “Roswell Insident”, Marilyn Monroe se oorsaak van haar dood, die Apollo 11 maanlanding ens. ens. So wat kan mens glo, ekself neem alles met n knippie sout!

humor ·

Vreemd die Amerikaners word so negatief bejeen, maar tog bly die hoop op hul gerig om tog namens die weste die is. aan bande te le.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.