Ivana Trump oorlede

Ivana Trump in Januarie 2018. (Foto: Jewel SAMAD/AFP)

Ivana Trump, oudpres. Donald Trump se eerste vrou en die ma van sy drie oudste kinders, is Donderdag in die ouderdom van 73 oorlede.

Ivana Trump is “by haar huis in New York City oorlede”, het Donald Trump op sy sosialemediaplatform Truth Social geskryf.

Hy het nie die oorsaak van haar dood bekend gemaak nie, maar die New York Times berig dat wetstoepassers die moontlikheid ondersoek dat sy by trappe in haar woonstel in Manhattan afgeval het.

Donald Trump (76) het in sy sosialemediaplasing gesê Ivana “was ’n pragtige en wonderlike vrou wat ’n fantastiese en inspirerende lewe gelei het”.

“Haar trots en vreugde was haar drie kinders, Donald jr., Ivanka en Eric. Sy was so trots op hulle, soos ons almal so trots op haar was. Rus in vrede, Ivana!” het hy bygevoeg.

Ivana Trump, ’n model wat onder kommunistiese bewind in die voormalige Tsjeggo-Slowakye grootgeword het, is in 1977 met Donald Trump, toe ’n ontluikende eiendomsontwikkelaar, getroud.

Hul eerste kind, Donald jr., is later daardie jaar gebore. Ivanka is in 1981 gebore en Eric in 1984.

Eric Trump het Donderdag op Instagram ’n huldeblyk aan sy ma geplaas.

“Ons ma was ’n ongelooflike vrou – ’n krag in die sakewêreld, ’n topatleet, ’n stralende skoonheid én ’n omgeema en vriend. Sy sal baie gemis word deur haar ma, haar drie kinders en tien kleinkinders,” het hy bygevoeg.

Donald en Ivana is in die vroeë 90’s geskei. Ivana Trump het voortgegaan om ’n suksesvolle loopbaan te bou, insluitend ’n klerereeks, juwelierswarereeks en skoonheidsprodukte. Sy het ook ’n aantal boeke geskryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Miena ·

My jinne mense – ek het nie eers geweet dat hy voorheen getroud was nie. Ek dog al die tyd die mooi vrou aan sy sy heeltyd is sy groot en 1e liefde. Wys mens net – moenie net aanneem en dink wat jy wil nie neh!!.

Pieter J ·

Ten minste het Donald Trump nie ń “vriend” se vrou afgevry nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.