Kabelkar-ongeluk: Noodrem dalk verwyder

Foto: Alpe-reddingsdiens (@cnsas_official/Twitter)

ʼn Ondersoek ná die kabelkar-ongeluk in Italië het aan die lig gebring dat die noodrem nie ten tyde van die ongeluk gewerk het nie. Italiaanse polisie het sedertdien ook drie verdagtes – wat daarvan beskuldig word dat hulle met die noodrem gepeuter het – in hegtenis geneem.

Maroela Media het vroeër berig veertien mense is Sondag in die noorde van Italië dood en ʼn kind ernstig beseer toe ʼn kabelkarretjie se kabel gebreek en dit die kant van ʼn berg getref het. Die beseerde kind veg tans om sy lewe in ʼn plaaslike hospitaal.

Die voorval het in die vakansiedorp Stresa, aan die oewer van die Maggiore-meer in die Piedmont-streek, plaasgevind.

Alberto Cicognani, ʼn plaaslike polisiebeampte, sê daar het ʼn fout by die kabelkar ontstaan, waarna die drie verdagtes ontbied is om die fout te herstel. Hulle het egter in die proses die noodrem gedeaktiveer. Indien die noodrem funksioneel was, sou dit verhoed het dat die kabelkar die kant van die berg getref het.

Die drie verdagtes is geïdentifiseer as Luigi Nerini, die hoof van Ferrovie del Mottarone, die firma wat die kabelkar besit, en twee ander bestuurders, Gabriele Tadini en Enrico Perocchio.

Al drie het erken dat hulle die noodrem gedeaktiveer het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Moedeloos ·

Sjoe ander se foute word nou begrawe. Strerkte vir hierdie gesinne en hul families wat hierdeur geraak word.

Lynette ·

Waar word hul foute begrawe? Die drie skuldiges het dan erken wat hulle gedoen het en die saak sal nou verder geneem word?

Mathys ·

Dis fantasties om te hoor (dog hopeloos, dat dit net in ander lande gebeur), dat nalatigheid wat tot ‘n ander se dood gelei het, vervolg is.
Ek is oortuig daarvan dat hulle hul skulderkennings op sterkte van hul regspraktisyns se raad gedoen het, aangesien nalatigheid iets is wat jy, nie gedoen het nie, wat jy moes gedoen het (sorg dat die handrem werk as jy klaar is).
Kan jy nou dink, met onse Barries en Gerries en die wyshede van bome vol uile, hoedat daardie families van die tragedie, nou sou berusting vind, dalk nie eers deur Adriaan Basson uitgejou word nie in een of ander ontbloting van hulle persoonlikke opvattings of iets wat dit regverdig of iets derliks nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.