Kyk: Nog ʼn seldsame olifant-tweeling in Kenia gebore

Skermskoot uit Save the Elephants-video

Amper twee jaar ná die geboorte van ʼn olifant-tweeling in die Samburu-wildreservaat, in die noorde van Kenia, het nog ʼn olifantkoei aan ʼn tweeling geboorte gegee.

Die olifantkoei Alto het aan twee verskalfies die lewe geskenk, het die bewaringsgroep Save the Elephants aangekondig.

Tweelinge maak net sowat 1% van olifantgeboortes uit. In vergelyking met ander soogdiere dra Afrika-olifante die langste aan hul kleintjies – ʼn volle 22 maande. Dié reusedier gee om en by elke vier jaar geboorte.

ʼn Olifantkoei genaamd Bora het in Januarie 2022 die lewe geskenk aan ʼn tweeling, een vers- en een bulkalf. Volgens Save the Elephants is dié tweeling tydens ʼn erge droogte gebore en is die verskalf later dood.

Daar is ook in 2006 ʼn olifant-tweeling in Samburu gebore, maar albei is ʼn paar dae later dood.

“Olifant-tweelinge oorleef selde in die natuur, maar ons is optimisties oor Alto se tweeling, want daar is baie kos in die park ná die reën, so Alto behoort baie melk te kan produseer om haar honger kroos te voed en sy het ook die wonderlike ondersteuning van haar trop,” het Save the Elephants oor die jongste tweeling gesê.

ʼn Video wat Save the Elephants op Facebook geplaas het, wys hoe die baba-olifante by hul ma voed, saam met ander lede van die trop.

✨ Amazing odds! ✨ Almost two years after Bora from the Winds gave birth to twins for the first time in decades, Alto from the Clouds has astonished us with her own set of twins! Her two adorable female calves, estimated to be just days old, were first spotted by our researchers in Samburu National Reserve this week. ???? ????Twins are rarely encountered in elephant populations – and form around only 1% of births. Bora’s twins (male and female) were born during one of the worst droughts but despite her excellent mothering skills, the female twin sadly died. Elephant twins rarely survive in the wild but we’re optimistic about Alto’s twins as there’s lots of food in the park following the rains so Alto should be able to produce plenty of milk to feed her hungry brood plus she also has the amazing support of her herd. ????With both the Winds and the Clouds families having produced twins, anticipation now turns to the Storms (no pressure!) to see if they can complete the trifecta, transforming it into a Triple Weather Bonanza! ????Footage by Gilbert Sabinga/Save the Elephants #twins #twinbirths #elephanttwins #samburutwins #savetheelephants #itsamiracle #againstallodds #elephants #samburunationalreserve #northernkenya #nature

Posted by Save the Elephants on Thursday, November 23, 2023

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.