Man sterf toe werkgewer hom in woud los

(Argieffoto: Pixabay.com)

ʼn Oekraïense man se liggaam is in ʼn woud in Pole gevind nadat hy by die werk siek geword en sy werkgewer hom in die woud gaan los het eerder as om ʼn ambulans te bel.

Die 36-jarige Vasyl Chorny se liggaam is op 13 Junie deur ʼn bosbouer in die weste van Pole ontdek, maar die nuus oor sy dood het eers vandeesweek aan die lig gekom toe plaaslike media daaroor berig het.

Die Gazeta Wyborcza berig Chorny het by ʼn werkswinkel gewerk wat doodskiste vervaardig, maar was sonder wettige dokumentasie in Pole en daarom het sy werkgewer nie hulp ontbied toe hy by die werk flou geword het nie.

Volgens berigte het Chorny siek gevoel in die warm werkswinkel in die Jastrzebsko Stare-nedersetting waar hy gewerk het, voordat hy stuipe gekry en sy bewussyn verloor het. Sy kollegas het aan die owerhede vertel hul werkgewer het hulle verbied om ʼn ambulans te ontbied omdat sy bang was dat sy in die sop sal beland oor haar ongedokumenteerde werkers.

Die vrou is verlede week in hegtenis geneem op aanklagte dat sy nie ʼn persoon in gevaar bystand verleen het nie en sodoende onbedoeld sy dood veroorsaak het. Sy kan tot vyf jaar tronkstraf opgelê word indien sy skuldig bevind word.

Die voorval plaas weereens die kollig op die lot van talle Oekraïense burgers wat in Pole werk, waar dié land se welvarende ekonomie werkers uit Oekraïene lok wie se ekonomie deur korrupsie en oorlog tot stilstand gedwing is.

Sowat 1,2 miljoen Oekraïners is amptelik in Pole geregistreer, maar migrasiekenners glo honderde duisende kan onwettig in die land wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

schaun ·

Die onwettige immigrante blyk n probleem orals te wees waar daar onbevoegde regerings aan bewind is ,volg Presedent Trump se voorbeeld want sy land se mense kom eerste.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.