‘McDreamy’ is vanjaar se mooiste man

Die voorblad van die jongste uitgawe van People. (Foto: Carter Smith/People)

Patrick Dempsey, die Amerikaanse akteur bekend vir sy rol as Derek ‘McDreamy’ Shepherd in die hospitaaldrama, Grey’s Anatomy, is pas as die People-tydskrif se sexyste man ter wêreld vir 2023 aangewys.

Dempsey (57) het hartebrekerstatus bereik met sy rol as die neurochirurg wat al wat ʼn jong dokter – en miljoene kykers wêreldwyd – se knieë behoorlik lam gemaak het.

Hy het egter reeds in 1987 sy deurbraakrol in die fliek Can’t Buy Me Love gehad. Hy is eersdaags in die langverwagte rolprent, Ferrari, teenoor akteurs soos Adam Driver, Penelope Cruz en Shailene Woodley te sien.

“Ek is bly dit gebeur op hierdie punt in my lewe,” het Dempsey aan People oor die titel van sexyste man gesê.

“Dit is lekker om erkenning te kry en my ego kry beslis ʼn klein hupstoot, maar dit bied ook vir my ʼn platform wat ek vir iets positief kan aanwend.”

Volgens die akteur was hy “geskok” toe hy die nuus hoor. “Ek het heeltemal daarvan vergeet en nooit eers daaraan gedink om in hierdie posisie te wees nie.”

Dempsey sê sy 16-jarige tweelingseuns, Sullivan en Darby, en 21-jarige dogter, Talula, sal vermoedelik die gek met hom skeer oor dié titel.

“Dis ʼn goeie ding, hulle hou my jonk,” sê hy.

Dempsey sal eersdaags op die grootskerm te sien wees as Piero Taruffi, ʼn Italiaanse renjaer. Hy erken hy moes vir homself ʼn gaatjie in dié rolprent maak.

“Ek volg die fliek al vir jare. Ek het vir Michael [Mann, die regisseur] gebel en gevra of ek deel kan wees daarvan. Dit het my geleer dat as jy regtig iets wil hê, jy dit self moet laat gebeur.”

Dempsey is getroud met Jillian (57), ʼn grimeerkunstenaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Gaitsigubib ·

Wel hulle het duidelik nie hier in my omgewing n opname kom doen nie………..nou nie dat ek voor op die wa wil klink nie…

Sandra ·

Delicious!!! Dit is maar nou net so dat party mans beter lyk as hulle ouer word, en die Patrick Dempsey is nou een van hulle. Mooi was nog nooit lelik nie

miche ·

Hy is seker nie te versmaai nie maar hy kom nog nie naby Bradley Cooper nie.

annie ·

Hy gaan ‘n lelike ou oom word… Daar is aantrekliker Afrikaanssprekende ouens hier… Ook onder ons boere.

Fontein Tannie ·

Daar is maar “Elemente” onder alle geslagte wat swak karakter en geen integriteit het nie. Dit was net n mooi gesigie kompetisie, nie n Mr Personality kompetisie nie…

Truman Burbank ·

Hoe ouer mense word, hoe meer moet hul staatmaak op hul geaardheid om aantreklik te wees. Ek sien deesdae mense wat saam met my op skool was, wat bestempel was as aantreklik / beeldskoon, wat kinders kan skrikmaak. Wat hul geaardheid kom al hoe meer deur.

Alexander ·

Wonder of enige dames van sy ouderdom al ooit vir so iets selfs net oorweeg is?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.