Minstens 6 dood tydens skietery in Duitsland

Polisie op die toneel ná skote in Rot Am See, Duitsland, gevuur is (24 Januarie 2020) (Foto: Sebastian Gollnow/dpa via AP)

Minstens ses persone is dood en verskeie beseer tydens ʼn skietery in die suidweste van Duitsland, berig die Duitse nuusagtenskap dpa.

Aalen-polisie het gesê die skietery het Vrydagmiddag in Rot am See plaasgevind. ʼn Verdagte is glo reeds in hegtenis geneem en volgens die polisie is geen ander verdagtes voortvlugtig nie.

Holger Binert, woordvoerder vir die polisie, het aan die Duitse uitsaaier n-tv gesê die aanvanklike ondersoek dui daarop dat die verdagte en een of meer van die slagoffers mekaar geken het.

Rot am See is ongeveer 170 km noordwes van München geleë.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Cherokee ·

Tegnologie het soveel ontwikkel sedert ek ‘n kind was (kort na Noag by Ararat anker gegooi het)! Toe ek ‘n tjokkertjie was, sou hierdie nuus in ons koerante wees dae later, indien ooit. Dit het vandag gebeur en ons sien vandag fotos van die poelieste op die toneel!
Dankie Maroela (of moet dit wees ‘dankie Bill Gates & co’). Waardeer modernisasie en moet dit nie as vanselfsprekend aanvaar nie (alhoewel dit dalk eintlik is:-))).

Ja swaer ·

Bill Gates en sy maatjie het maar eintlik afgekyk by ander wat die tegnologie destyds ontwikkel het. Baie mense het baie insette in die tegnologie gelewer. M Soft was maar een vd eerstes om geld daaruit te maak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.