Mugabe: ‘Wit boere sal nooit grond terugkry nie’

Pres. Robert Mugabe van Zimbabwe tydens 'n vorige geleentheid.

Pres. Robert Mugabe van Zimbabwe tydens ‘n vorige geleentheid.

Pres. Robert Mugabe het Saterdag gesê dat Zimbabwe nooit grond aan voormalige wit boere sal teruggee nie omdat dit ʼn nasionale hulpbron en die opperreg van swart mense is.

Mugabe het honderde Zanu-PF-ondersteuners by die Harare internasionale lughawe toegespreek pas nadat hy van Japan af teruggekeer het. Volgens Mugabe het die oorlede adjunkpresident, Joshua Nkomo, op sy sterfbed aan hom [Mugabe] gesê dat Zimbabwiërs nie die grond wat in hul hande is, moet laat gaan nie.

“Moenie dink dat ons nou op die punt is waar ons die grond aan wittes gaan teruggee nie. Hulle het geld en ons het nie. Hulle het trekkers en sommige huur selfs by ons. Wees gewaarsku, die land moet ʼn nasionale hulpbron bly, ʼn opperreg,” het hy gesê.

Hy het gesê die land moet gebiedsgebondenheid en stamgebondenheid teenstaan en seker maak dat die nasionale hulpbronne eweredig verdeel is.

Mugabe het die Zanu-PF-ondersteuners gewaarsku dat hulle nie deur die nuutgevonde Zimbabwe People First-party “geflous” moet word nie, want “hulle het niks om te bied nie”.

“Die Zimbabwe People First is verlore. Moenie gehoor gee aan mediaberigte wat sê dat hulle besig is om wyd ondersteuning te werf nie, hulle het geen mense nie. Kan jy dink dat iemand ʼn party soos Zanu-PF kan verlaat om by People First aan te sluit? Vir wat?”

Grondbesit bly ʼn omstrede kwessie in Zimbabwe waar duisende wit handelsboere sedert 2000 van hul grond ontneem is. Twee weke gelede is daar ʼn vergadering gehou om die vergoedingskwessie vir die 7 miljoen hektaar grond wat by wit boere afgeneem is, te hersien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

32 Kommentare

jongste oudste gewildste
Winston

Tussen die duiwel en die diep blou see. Een kant vaskleef aan swart mag en ander kant kies tussen hongerdood of lewe? Wit boere gebruik as katilisator vir balans oor eie onvermoëns en magsbeheptheid. Hy kleef soos………aan n wolkombers.

Johann Marx

Wat ek nie kan verstaan nie is dit: Mugabe vat wit produktiewe boere se grond, deel dit onder sy maatjies uit, en die produktiwiteit gaan daarmee verlore. Die Westerse Wêreld veroordeel dit ten sterkste……….maar toe Zim krepeer van die honger omdat hulle hulle eie kos-produksie gekelder het, stuur dieselfde Westerse Lande wat grond-vergrype veroordeel het, soveel kos as wat Zim nodig het? Die lande wat hierdie grond vergrype veroordeel het, moes nie deelgeneem het aan kos-uitvoere na Zim nie. Zimbabwe moet gelos word om die probleme wat sy leiers veroorsaak het, SELF op te los. Hoe anders gaan hulle leer?

Leon

Boere wil nie terug kom nie,kyk maar hoe vergaan julle van die honger

Karolis

Die nuwe suid afrika moet ook inneem wat bob sê. Dit is presies waartoe ons afstuur.

Veritas

Oom Bob, ek het so’n vae vermoede dat die gevaarligte vir jou begin flikker. Die deursnee Zimbabwier se oë begin oopgaan. Honger mense se denke neig om in die rigting van voedsel te beweeg. Hulle hoor van die oorvloed van kos in Suid-Afrika en begin twyfel aan jou rassistiese retoriek. Napoleon het gesê, ”n Weermag marsjeer op sy maag’ en ek sê ”n kieser stem met sy maag’. Daar kom ‘n tyd wanneer die massas se oë oopgaan en ek is oortuig dat daardie tyd aangebreek het. Die dag wanneer jou weermag besluit om nie meer die kiesers te intimideer… Lees meer »