Nies- en hoesdruppeltjies trek veel verder as voorheen gedink

tissuesKlein nies- en hoesdruppeltjies kan tot 200 keer so ver trek as wat voorheen gemeen is, aldus ‘n ondersoek deur ‘n span navorsers van die MIT.

Die navosers het bevind dat die nies of hoes ‘n onsigbare wolk vorm wat as een van multi-fases, turbulent en vlugtig beskryf word, en wat maklik in geboue se ventilasiestelsels kan beland. Die ventilasiestelsels van geboue dra dus meer tot die verspreiding van siektes by as wat voorheen gemeen is, en dit mag nodig wees om ventilasiestelsels te herontwerp.

Bron: Mail Onlline

Herman Toerien

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer van Bloemfontein. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Gesondheid, Wêreldnuus

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

2 Kommentare

Jasper ·

Gaan na jou naaste Inkopiesentrum toe as jy graag die nuutste verkouevirus wil optel of klim op n langafstand bus.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.