‘Nou nie tyd vir verkiesing in Oekraïne’

Vriende en familie strooi grond oor die graf van Vitalii Kaminsky (33), ‘n Oekraïnse soldaat. (Foto: Genya Savilov/AFP)

Oekraïense president Wolodimir Zelenski sê hy glo nie nou is die regte tyd vir ʼn verkiesing in die land nie, terwyl debat verskerp oor ʼn stemming volgende jaar terwyl die land steeds teen ʼn Russiese inval baklei.

Alle verkiesings, ook dié vir ʼn president wat volgende jaar gehou moet word, is ingevolge krygswet wat geld sedert die konflik verlede jaar begin het tegnies opgeskort.

“Ons moet nou besluit dat dit die tyd vir verdediging is, die tyd vir die stryd waarop die lot van die staat en mense berus,” het Zelenski in sy daaglikse rede gesê.

Volgens hom is dit nou ʼn tyd vir die land om te verenig, nie verdeel te word nie.

“Ek glo nie nou is die [regte] tyd vir ʼn verkiesing nie.”

Die voorste linie tussen die strydende lande het die afgelope jaar byna staties gebly, ondanks ʼn Oekraïense teenaanval met Russiese magte wat in die suide en ooste van Oekraïne aanbly.

Amptenare van die VSA en Europa – Kiëf se sleutelbondgenote – het glo voorgestel dat onderhandelings begin word om die 20 maande lange konflik te beëindig.

Zelenski het egter hewig ontken dat Oekraïne se teenaanvalle die land nêrens bring nie, of dat Westerse lande druk op Kiëf plaas om met samesprekings te begin.

Die VSA en ander ondersteuners hou intussen in die openbaar vol dat hulle gereed is om Kiëf met militêre en finansiële hulp te ondersteun vir so lank as wat nodig is om Rusland te verslaan.

Die wêreld se aandag het sedert die dodelike Hamas-aanval op Israel op 7 Oktober egter grootliks op die Midde-Ooste geval – en daar is toenemende druk op Zelenski oor die voortgesette konflik.

Die president, wat in 2019 verkies is, het in September gesê hy is gereed om volgende jaar nasionale verkiesings te hou indien nodig, en hy is ook ten gunste van toelaat van internasionale waarnemers.

ʼn Stemmery kan egter ʼn logistieke uitdaging wees weens die groot getalle Oekraïense burgers in die buiteland en soldate wat steeds in gevegte gewikkel is.

Zelenski se goedkeuringsvlakke het ná die uitbreek van die oorlog die hoogte ingeskiet, maar die land se politieke landskap bly ʼn uitdaging ondanks die oorlog wat talle mense verenig het.

Oleksiy Arestovych, ʼn voormalige politieke raadgewer, het aangekondig dat hy sy voormalige baas die stryd gaan aansê nadat hy Zelenski gekritiseer het oor die stadige pas van die teenaanvalle.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

ES ·

Hy is reg, dit sal waansinnig wees om tydens ‘n burgeroorlog ‘n verkiesing te hou.

Gaitsigubib ·

Om iets waansinnig toe doen is vir hom mos normaal? Het jy gesien Time magazine (wat hul informasie van die CIA ontvang) begin teen hom draai? Die gemiddelde ouderdom van hul troepe is nou al 45 want hulle het nie meer soldate oor nie. Dit was toe dalk nie so goeie idee vir die Weste om met militere opbou op Rusland se grens te begin nie?

ES ·

Presies – en die oomblik wat hulle verkiesing hou, word Zelenski uitgestem. Hy wil vir so lank as moontlik in bewind bly.

Gert ·

Dit is die beste ding wat hulle nou kan doen om van hulle nar as president ontslae te raak. Kry iemand wat vrede wil he. Nie iemand wat saamspeel met die VSA en Britanje net om oorlog te maak met Rusland sodat wapentuig verkoop kan word nie. In week 2 wou Putin al n ooreenkoms van vrede sluit maar Borris het Zilenski se kop gedraai. Sy leierskap vernietig die Oekrniers se lewe en land.

Nommer 7 ·

Poetin se vredesvoorwaardes het die hele ooste van Oekraine ingesluit, die heel vrugbaarste landbou grond van Oekraine.

Marous ·

Heel korrek Gert . Dit gaan net oor die geld wat wapen vervaardigers en handelaars uit die belasting betalers wurg . Hierdie nar wat nie eers ordentelik kan aantrek op staatsbesoeke nie , is nie die ridder op die wit perd wat hy voorgee om te wees nie .

Republikein in die Wes Kaap ·

In ‘n vry en regverdige verkiesing sal Zelinski waarskynlik uitgestem word en dan deur sy eie mense verhoor word. In ‘n vry en regverdige verkiesing sal dieselfde dalk met Poetin gebeur, maar die Russe het maniere om sake in eie hande te neem. Maar in hierdie stadium staan Vlad nog redelik sterk.

Gaitsigubib ·

Oorlog is een manier om die mag te behou. As daar nou n verkiessing is stem hulle hom uit want hulle wil nie oorlog maak nie, hulle wil vrede he. Al die mense wat so graag wil oorlog maak is nie self daar nie……..nogal ironies.

Cherokee ·

Julle praat strooi. Blatante strooi, deur voor te gee die Oekraniërs sal tevrede wees om dele van Oekranië aan Rusland te skenk.

Gaitsigubib ·

Cherokee jy klink seker van jou saak. Ken jy die verhouding tussen etniese Russe en Oekraniers in Okraine sonder om te google? Ken jy die agtergrond van Oekraine nog voor die 2014 staatsgreep? Ek dink jy is dalk meer belese as wat ek is, so ek sal nie verder aan jou karring nie, maar ons gaan blykbaar verskil op hierdie punt.

Gaitsigubib ·

Cherokee, ek is bly dat ons wel toegelaat word om van mekaar te verskil. 95% Van die tyd lei meningsverskille tot sensuur.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.