Nuwe medalje om Australië se brandbestryders te vereer

Foto: Parks and Wildlife Service/Twitter

Die Australiese regering het ʼn nuwe medalje aangekondig wat toegeken sal word aan nooddienswerkers en ander in erkenning vir hul diens en opoffering tydens die land se katastrofiese veldbrandkrisis.

Die “National Emergency Medal” sal toegeken word aan nooddienswerkers wat “volgehoue of betekenisvolle diens” gelewer het tydens die veldbrandkrisis in 2019/2020, het eerste minister Scott Morrison Sondag tydens Australiëdag-vieringe gesê.

Persone wat vir die medalje in aanmerking kom, sluit onder andere brandbestryders, polisiebeamptes, ambulanspersoneel, paramedici, weermagpersoneel en reserviste in.

“Die reaksie op die veldbrandsituasie is ongekend met duisende vrywilligers en betaalde werkers wat onverpoosd, dag en nag, week ná week, gewerk het om eiendom en lewens te red,” het Morrison bygevoeg. “Hul dapperheid was buitengewoon. Dit is ʼn gees wat ons moet eer en moet vier.”

Meer as 12 miljoen hektaar grond is sedert September verwoes en minstens 33 persone het omgekom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Hennie ·

Mooi man… Betaal eerder die mense… Mens kan nie medaljes eet of vakansie nie…

John ·

Die eerste minister probeer nou die mense paai met bling nadat hy eers vakansie wou gaan hou het tydens die ramp en daarna stadig gereageer het met hulp. Hy is sekerlik op die pad uit.

johan ·

Mense met trots en pligsgetrou vir hulle land ,suid afrika sal daar gestaak word vir meer geld en dan kan die land afbrand terwyl ons brandweer mense onderhandel

Susanna ·

Suid Afrikaners sal nie daar wil wees nie. Hulle wil self die plek aan die brand steek

Susanna ·

Sekere Suid Afrikaners sal nie daar wil wees nie. Hulle wil self die plek aan die brand steek.

Heksie ·

Ek salueer hierdie mense wat so onverpoosd gewerk het om die brand onder beheer te probeer kry!
Julle verdien meer as net ‘n medalje!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.