Oom skiet kleuter glo dood ná familietwis

Andrew Huber-Young (Foto: Twitter)

’n 19-jarige man van die staat Maine in die VSA is Sondag in hegtenis geneem vir die moord op sy broerskind, na afloop van ’n familietwis.

Volgens die polisiedepartement word Andrew Huber-Young daarvan aangekla dat hy Saterdag om 16:20 na bewering drie mense in ʼn huis in Wells, Maine, geskiet het.

Twee volwasse mans is met nie-lewensbedreigende beserings na plaaslike hospitale vervoer. ʼn Kind, geïdentifiseer as die tweejarige Octavia Huber-Young, het in die hospitaal aan haar beserings beswyk.

Voorlopige inligting dui daarop dat die twee beseerde mans as Huber-Young se pa en broer geïdentifiseer is. Octavia was Huber-Young se broerskind.

Volgens die familie het Huber-Young ’n vuurwapen in die huis uitgepluk en begin skiet nadat sy pa hom in kennis gestel het dat hy hom uit die huis skop. Hy het ’n skoot op sy broer afgevuur terwyl hy vir Octavia vasgehou het.

Octavia se ma was ten tyde van die voorval by die werk.

Huber-Young is ’n dag later in hegtenis geneem en na die York County-gevangenis geneem waar hy tans in aanhouding is.

Huber-Young word aangekla van moord en nog klagte kan na verwagting bygevoeg word namate die saak vorder.

FoxNews, New York Post

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

LD ·

Genade tog! Die mense daai kant skiet soos mal goed! Ek dink vuurwapens moet geheel en al van almal weg gevat word! Dit vat nie veel om hulle te dryf na moord nie…. Arme klein meisiekind!

Harry ·

En wat van in suid afrika, waar jy vir 10c vermoor word, vee eers voor jou eie deur voor jy ander oordeel

Toy ·

Kyk hoe lyk hy, sit seker heeldag en playstation en games speel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.