Ehud Olmert (68) wat van April 2006 tot Maart 2009 premier van Israel was, is Maandag skuldig bevind aan omkopery.
Tien ander beskuldigdes, waaronder ‘n oud-burgemeester van Jerusalem, is ook skuldig bevind oor korrupsie wat uit ‘n ontwikkelingsprojek in Jerusalem voortgespruit het. Olmert en sy medebeskuldigdes sal later gevonnis word.
Olmert is in 2012 ook weens korrupsie skuldig bevind. Hy het ‘n familielid in ‘n aanstellingsproses bevoordeel. Met daardie hofsaak kon die staat nie bewys dat hy omkoopgeld in ‘n koevertjie ontvang het nie. Hy is ‘n opgeskorte tronkstraf van ‘n jaar en ‘n boete opgelê.
Bron: ANP en AP, soos bewerk deur Trouw.