Oudpolisieman skiet familielid in boud

Foto ter illustrasie. (Argieffoto)

ʼn Oudpolisieman het Maandag in die Ohangwena-landdroshof in Namibië verskyn nadat hy glo die afgelope naweek een van sy sibbe se kinders in die boud geskiet het.

The Namibian berig dat die 61-jarige man na bewering geïrriteerd geraak het met ʼn groep kinders wat Saterdag buite sy huis in Omanyoshe, ʼn dorp in die Endola-omgewing in die Ohangwena-streek, sokker gespeel het.

Hy het glo sy vuurwapen uitgepluk en ʼn skoot in die rigting van die kinders afgevuur.

Abner Itumba, polisiewoordvoerder, sê die oudpolisieman het ʼn 16-jarige seun in sy linkerboud getref. Die man is glo die tiener se oom.

“Die polisie is na die toneel ontbied waar hulle die verdagte voor sy huis in hegtenis geneem het. Beamptes het ook beslag gelê op die man se vuurwapen,” het Itumba gesê.

Die polisie is steeds besig om die saak te ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

JM ·

Nee, sommige mense doen net, dink (as hulle kan) eers later. Te veel is “trigger happy.”

Gerhard ·

n paar jaar terug op n voortrekker kamp is daar n man wat van die kampeerders wou skiet omdat ons te naby aan sy vislyne geroei het. Hierdie is nie n unieke geval nie maar dit skok my elke keer waarnatoe party mense in staat is omdat hul nie hul humeur in toom kan hou nie en nie dink voor hulle optree nie.

Sêmanet ·

‘n Paar houe op die kind boud sou hom nie in sulke moeilikheid laat trap het nie. ‘n “oud” Polisieman hoort te weet wat die gevolge kan wees, selfs al het hy niemand getref nie. Hy het ook seker nog sy “oud” vuurwapen lisensie????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.