Oudstaatshoof van Egipte sterf ná hofverskyning

Vlag van Egipte (Foto: RonnyK, Pixabay)

Mohamed Morsi, oudpresident van Egipte, is Maandag dood nadat hy kort ná ʼn hofverskyning in die hof inmekaargesak het.

Morsi (67) was in die hof vir ʼn verhoor op aanklag van spioenasie wat voortspruit uit verdagte kontak met die Palestynse Islamitiese groep Hamas. Hy is aan ʼn hartaanval oorlede, het die Egiptiese staatstelevisie berig.

Morsi het ʼn vonnis van 20 jaar tronkstraf uit gedien ná die dood van talle betogers tydens die 2012-betogings asook ʼn lewenslange vonnis vir spioenasie wat verband hou met ’n saak in Katar.

Hy is in 2013 na sowat ʼn jaar as president deur die weermag uit die amp verwyder. Hy was die eerste demokraties verkose president van dié land.

Die land is ná Morsi se dood op ʼn gereedheidsgrondslag uit vrees vir verdere protesoptrede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

John ·

…. demokraties… moenie dat ons lag nie. Dit was so bekook dat g’n Farao eers sy land daarna sou herken nie… deur mense van elders. Terloops, toetse van genetiese stof vanaf die mummies, toon heeltemal ander gene as die huidige inwoners s’n.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.