Polisielede in hospitaal ná ‘melkskommels’ by restaurant

ʼn Betoger bedek ʼn muur met graffiti in Minneapolis. (Foto: John Minchillo, AP)

Drie lede van die New Yorkse polisiedepartement (NYPD) is Maandag in die hospitaal opgeneem nadat hulle ʼn onbekende stof ingeneem het. Dié stof was vermoedelik in die melkskommels wat hulle by die restaurant Shake Shack in New York bestel het.

In ʼn verklaring wat Maandag uitgereik is, sê die polisiewelwillendheidsvereniging (PBA) in New York dat die drie polisiebeamptes ʼn vreemde stof soos bleikmiddel in hul melkskommels opgemerk het. Dít nadat hulle reeds heelwat van die drankie ingeneem het. Die polisiebeamptes was aan diens by ʼn betoging in die gebied toe hulle middagete by die Shake Shack genuttig het.

“Die polisielede word tans in ʼn hospitaal behandel en sal na verwagting herstel,” lui die verklaring. Hulle is intussen uit die hospitaal ontslaan.

Paul DiGiacomo, hoof van die vereniging vir speurderskenkings, het Maandagaand gesê die drie polisiebeamptes is “aspris vergiftig” deur een of meer werkers by die Shake Shack.

Grootskaalse geweld en plundery duur in Minneapolis in die VSA voort na die dood van George Floyd. (Foto: Julio Cortez/AP)

Shake Shack het in ʼn twiet gesê hulle is “met afgryse vervul” oor berigte dat polisiebeamptes beseer is by hul restaurant in Manhattan en dat hulle saam met die polisie werk om die saak te ondersoek.

Die NYPD het egter Dinsdagoggend bekendgemaak dat geen misdaad gepleeg is nie. “Ná ʼn omvattende ondersoek het die NYPD bevind dat geen misdaad deur werknemers van Shake Shack gepleeg is nie,” het die departement gesê.

Die PBA het lede van die polisie egter gewaarsku om enige voorbereide kositem wat hulle koop terwyl hulle aan diens is, deeglik na te gaan vir moontlike besmetting. “Wanneer polisiebeamptes nie eens meer ʼn maaltyd kan geniet sonder om aangeval te word nie, is dit duidelik dat ons samelewing in kriminaliteit verval het,” lui die organisasie se verklaring.

Betogings het die afgelope weke oor die hele Amerika opgevlam nadat ʼn polisieman vroeër die maand op die veroordeelde misdadiger George Floyd se nek met sy knie gehurk het. Floyd is later dood verklaar.

Bykomende beriggewing deur USA Today en Business Insider

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Maria Aletta ·

Ja dis jammer vir die menslike mentaliteit om so agteruit te gaan. Kriminele het meer voordele en beskerming as getroue landsburgers

Jacobus ·

“Par for the course” Dit gebeur as jy kriminele vergoeilik
en ‘saint’ status gee.

JohanR ·

Die NYPD het egter Dinsdagoggend bekendgemaak dat geen misdaad gepleeg is nie. “Ná ʼn omvattende ondersoek het die NYPD bevind dat geen misdaad deur werknemers van Shake Shack gepleeg is nie,” het die departement gesê. IEMAND moes ietsie in die melk skommel gegooi het? Dit kon nie die Tooth Fairy gewees het nie! Hoekom is die glase en wat in die polisiemanne se mae is, nie ontleed nie? Lyk my die polisie is nou bang om ‘n saak te maak? Jy kan dink wat jy wil van die polisie, maar moenie probeer om ‘n polisieman te vergiftig nie. Soos ek en jy, is hy/sy maar net ‘n mens met ‘n lewe en ‘n familie.

katerinadiekat ·

Na hierdie Floyd chaos sal dit seker nooit weer heeltemal veilig wees vir Amerikaanse polisie om wegneemkos te koop terwyl in uniform nie. By die polisiestasies daar sal hul maar hul eie klein kombuise moet kry. Just enough to whip up a burger or a toasted sandwich. Better safe than sorry. And it could provide employment to family members of policemen and women. Die wereld is nou meer waansinnig as ooit. So think outside the box.

Jr ·

Al hierdie vir n krimineel. Die Goeie Boek sê ” evil will become good and good will become evil. Ek verheerlik nie n Barabas in plek van Jesus. Ek voel niks vir gf.

Vriendelike Frikkie ·

Die Covid-19 virus is nie die gevaarlikste virus wat die wêreld vandag bedreig nie.

madels ·

Dankie Maroela Media dat julle nie ook op die rasis trein spring nie! Dis tyd dat ons hierdie euwel hokslaan. Dankie dat jul praat van n polisieman en George Floyd en nie n WIT polisieman het n SWART MAN George Floyd …bla bla bla. Die media is die grootste euwel wat rasisme aanwakker. En hoe kan ons dit hokslaan? Om op te hou om na velkleur te verwys. Dis vir my baie hartseer dat iemand so laag kan daal om polisie manne te vergiftig! Hoe DURF enigeen so iets doen? En dit nog by n restaurant. Die polisie sal maar van nou af moet wêreldwyd ligloop want wat ookal in die nuus gesê word, word dan oral herhaal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.