ʼn Kluis waarin data van regoor die wêreld vir komende geslagte bewaar kan word, is verlede maand amptelik geopen.
Die kluis is 150 m ondergronds op die Svalbard-eilandgroep tussen Noorweë en die Noordpool. Dit is ontwerp om selfs uiterste rampe te deurstaan, is bestand teen kernaanvalle en data word só gestoor sodat kuberkrakers nié die inligting kan bekom nie.
Die kluis staan bekend as die World Arctic Archive en gevorderde tegnologie word gebruik sodat regerings, individue en ondernemings data kan stoor. Die onderneming Piql het meer as $33 miljoen (sowat R455 miljoen) bestee om dié tegnologie te ontwikkel.
Enige vorm van data word aanvaar, insluitend teks, video of foto’s. Piql herskryf die data in binêre kode waarna dit afgedruk word op fotosensitiewe film en op rolle in die kluis geberg word.
Volgens Piql is die ligging van die kluis die “veiligste plek op die planeet vir ʼn ‘digitale ambassade’” aangesien dit deur 42 lande as ʼn gedemilitariseerde sone verklaar is.
Brasilië, Mexiko en Noorweë stoor reeds data in die kluis. “Op dié manier verseker ons dat komende geslagte toegang sal hê tot hierdie inligting,” het Ricardo Marques, direkteur van Brasilië se nasionale argief, gesê.
In 2008 is soortgelyke kluis wat sade stoor, die sogenaamde Doomsday Seed Vault, in Svalbard geopen. Die Global Seed Vault stoor meer as 550 miljoen sade van regoor die wêreld, sodat die mensdom kan oorleef indien kosvoorraad deur ʼn ramp uitgewis sou word. Die sade word teen -18 °C gestoor.
Bron: CNN
Ek wonder of ek my kakiebos saad ook daar kan stoor?
Die Kapenaars se hooggeregshof het kakiebos gewettig – paar dae gelede.
Al gedink wat word van die kluis wanneer tyd sy laaste tik op aarde sal slaan
Weet hulle dalk van iets wat aan die kom is.
Alle data, van die begin van die internet word gestoor.
Die mense wat vir Noag gelag het het ook gedink daar is veilige plekke op aarde.
Wat van ‘n kluis op een van die ander planete in die buitendste ruim. Is dit nie veilliger nie ??????
Die kluis is nie SA nie, so heel veilig. Zuma kan so outjie by Nkandla oprig
Mexiko een die eerstes. Seker die resep vir tik.
Die banke in Suid Afrika moet hul geldtrommels sò ontwerp.
Doomsday vault en n data bank????
Voor WW1 het niemand die nodigheid gesien om voor teberei vir n wered oorlog nie maar nou doen elke land dit. Die mensdom tref voorbereidings vir n herhalende scenario en nie vir fiksie nie.
Ek dink die mens moet n die verre geskiedenis van die wereld gaan soek vir rampe wat die aarde getref het en kyk of dit sulke kluise regverdig soos Noag se vloed. Dis darem n hoop geld wat spandeer word om saad en data te beskerm, dis mos waarvoor biblioteke daar is.
Wat word verwag wat nie met ons gedeel word nie?
Wat word verwag wat nie met ons gedeel word nie? Niks! Maar daar word van jou verwag om jou eie verbeelding te gebruik rakende die moontlikheid van kern-oorloë en dies meer.