‘Roxette’-sangeres oorlede

Marie Fredriksson en Per Gessle (Roxette) (Foto: Jørund F Pedersen via Wikimedia Commons)

Marie Fredriksson, die sangeres van die groep Roxette, is oorlede.

Sy is Maandagoggend vroeg oorlede ná ʼn lang siekbed. Sy is in 2002 met ʼn breingewas gediagnoseer.

Die Sweedse koerant Expressen het haar afsterwe bevestig en ʼn verklaring van haar familie gepubliseer. “Dit is met groot hartseer dat ons moet aankondig een van ons grootste en mees geliefde kunstenaars is oorlede,” het haar familie gesê. “Marie Fredriksson het die oggend van 9 Desember gesterf ná ʼn siekbed.”

Sy word oorleef deur haar man Mikael Bolyos en hul twee kinders, dogter Ines Josefin (26) en seun Oscar (23).

Per Gessle, wat saam met haar in Roxette opgetree het, het bygevoeg: “Al my liefde vir jou en jou familie. Dinge sal nooit weer dieselfde wees nie.”

Die duo het in 1986 saam begin sing en laat in die 1980’s internasionale roem behaal toe hulle album Look Sharp! uitgereik is. Hul derde album, Joyride (1991), was ewe suksesvol. Roxette het 19 liedjies op die top-40 in Engeland gehad en verskeie liedjies op die Amerikaanse top-100, waaronder “The Look”, “Listen To Your Heart”, “It Must Have Been Love” en “Joyride”. Ander treffers sluit in “Dressed for Success”, “Dangerous”, en “Fading Like a Flower”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

Lizelda ·

Joh!!!!! Wat n GROOT skok. Ai, daai was my musiek hoor… Nou gee ek my ouderdom weg. :-)

Sue ·

Groot hartseer….was van die beste sangeresse gewees. Haar musiek speel daaglikse in my huis. Rus in vrede, enjoy die joyride!

Devil ·

Goodbye to you,
Goodbye to broken hearts,
Goodbye to romance,
Hiding in the dark,
Nights that leave a scar.
Goodbye to you,
Goodbye to empty cards,
Goodbye to this ball of bliss,
I’m dancing from your arms.
And I fill the bedroom
With silent visions of rain.
And I paint the morning
With echoes from pleasure in pain.
I don’t want to touch emotions,
I just got to run away.
Electric blue like oceans,
Wild like lovers sway.
Goodbye to you…
And I seal the pillow
And shatter dreams down the hall.
And I hang the heartache
Like pictures on the wall.
Can you hear the sound of angels
They’re playing hurting games?
Well, I’m a stranger when I’m leaving,
I was a stranger when I came.
Goodbye to you

Dankie vir die wonderlike musiek wat ek nog steeds na luister!
Rus in vrede!

Ingo ·

Ai….baie memories…
Baie gevry op Roxette se mooi songs.
En as ek soms na van hulle liedjies luister dan kan ek presies sien waar ek was en wat ek gedoen het toe dit oor die radio of op hi fi gespeel het.

Hendrik van George ·

As jy sulke nuus kry dan besef jy eers hoe vinnig tyd verby gaan……

JohanR ·

Dankie vir die musiek Marie. Dit was sukke lekker tye. Rus in vrede.

Melanie ·

Dis regtig n tragedie.. ai… Sterkte aan die familie… sjoe.. ek is so geskok. soooo baie memories… :) Goeie tye…

Lizelda ·

“How do you do” “Strawberry Lips” “It must have been love” Ai kom die memories nou terug hahaha!

Nettie ·

Jip – “It Must have been Love” – wie kan Richard Gere en Julia Roberts in “Pretty Woman” vergeet?

Deloris ·

RIV. Sy was n ster 10000000 en mag hulle musiek voortleef

Niel van Zyl ·

Lizelda, “Strawberry Lips” is actually “Kiss Me” en eintlik ñ liedjie van die Australiese groep Indecent Obsession.

Roxette forever ·

My hart is ongelooflik seer. Ek is/was mal oor al hulle musiek. En was baie bevoorreg om darem een van hulle shows te kon gaan kyk. Dit was wonderlike musiek, wonderlike tye en ek sal dit altyd in my hart saamdra. Rus in vrede, en dankie dat jy my soveel geluk en soms ook trane gebring het. :(

Samantha ·

Julle musiek was deel van my grootword pad, daar was n liedjie vir elke emosie en elke Vrydag voor ons gaan ‘JOL’ het was gonna get dressed for success ons regmakertjie. Julle musiek sal altyd in my hart en deel van my memories wees! Julle musiek was nie net vir ouer mense nie, maar vir almal wat wou luister het begin kop skud, RIP, as jy my tannie daar kry , drink n ou doppie saam met haar, ek weet sy was een van jou fans, dan stuur jy groete en geniet julle “Joyride” .

Eileen ·

Dankie vir die lekker memories wat ek op jul musiek kon maak.
RIV

Snip ·

Ons lekker jol musiek daai gewees in die Witbank hotel klub, wat ook natuurlik nie meer dieselfde is nie. Dankie, ons sal altyd Roxette in ons voorhuis geniet en onthou. Rus in vrede. Sterkte aan haar geliefdes.

Yolanda ·

Sjoe wat kan ek se jy het so mooi stem gehad, rus sag en sterkte aan jou familie.
Ons sal nogsteeds na jou musiek luister.
Die beste musiek gewees… Faiding like a Flower…. R.I.V

Boskind ·

My hart is baie seer. Marie het die mooiste stem gehad en Roxette is my super beste groep vir altyd. The “Joyride” carries on. Rus sag Marie

Genieve ·

RIP Roxette dankie vir jou pragtige musiek..It musn;t be live

Liza ·

Dis so hartseer…. wat ‘n stem het sy net nie gehad nie…. Rus sag by Jesus

Magda ·

Ag nee, ek is vreeslik hartseer hieroor, dit is ‘n baie groot verlies. My meisiekind ken ook al hulle musiek en ons kan so lekker in die kar saam sing.

RIP en sterkte vir haar geliefdes

Talita ·

Roxette – wat ‘n legendariese duo! Herinneringe aan my grootwordjare is net soveel soeter as ek aan Roxette dink. Marie Fredriksson leef voort in my hart en huis.

Lente ·

Jou stem sal lank nie stil rus sag…mooiste lirieke luister steeds sonder verveling en met lus sterkte aan groep fam vriende

Laan ·

Beste musiek ooit, goeie memories, rus in vrede, sterkte aan die familie in hierdie moeilike tyd.

JP Nel ·

Wat n legende vir Musiek was sy vir ons!!! Ek luister sommer klaar haar musiek op youtube nou. Legendes soos haar musiek sal nooit oud word nie, dit sal verewig popular bly. Beste musiek ooit. Rus Sag en weet jy gaan nou musiek daar bo in die hemel maak.

ls ·

Laaik Roxette baie…die amplifyers was altyd gepomp vir joyride wat’n gunsteling was vir sokkies en jols…

Yolandi du Plessis ·

My Pappa was net so groot aanhanger en my selfs na een van hul konserte geneem… 2019 groet ek jul albei???? … nou is my gunstelinge net nog meer kosbaar!

Erick ·

Eerste keer haar tape gehoor by die rolskaatsbaan in Parow toe ek std 4 was. Aggenee. RIV

Kaspaas Breekwater ·

Ai hoe hartseer… wat ‘n legende!
Daai twee kon vir jou melodieë aanmekaar sit boeta! Ek luister nog gereeld na hulle. En sy was baie aantrek in haar jonger dae met daai as-blonde kuif en lang bene.
Reken ‘n bietjie!
RIV

Lynne R ·

I’m celebrating 61 years of your beautiful life Marie !!
The lyrics of your solo record The Change, described your feeling of fear you’ve experienced with cancer so meticulously. I get goose bumps while reading it & understand the loss of human life (my own child) to a T.
RIP beautiful soul….

The Change

Suddenly The Change was here
Cold as ice and full of fear
There was nothing I could do
I saw slow motion pictures
Of me and You
Far away I heard you cry
My table roses slowly died
Suddenly The Change was here
I took your hand, you dried my tears

The night turned into black and blue
Still we wondered why – me and you
After all we’re still here
I held your hand
I felt no fear
Memories will fade away
Sun will shine on a new clear day
New red roses in my hand
Maybe some day we will understand

Oosie Oosthuysen ·

Wat ‘n ikoon – rus in vrede – jul musiek sal altyd in my huis wees – stekte aan die gesin…

Alexz ·

Sjoe, maar die tyd vlieg. Dit voel net soos laas week toe ek Roxette vir die 1’e keer oor die draadloos hoor speel het.

Leon ·

Groot hartseer. Een van die beste kunstenaars in die wêrel. Was mal oor haar. Beeldskoon ook. Sal haar sang mis.

Weskusnooi ·

RIV Marie!
Groot verlies vir die musiekbedryf wêreldwyd!

Het jou musiek baie geniet, geniet dit nou nog, sal altyd ‘n ikoon wees! Van die MIN popmusiek waarna mens kon luister en nog hoor wat gesing word.

Innige simpatie met haar man en 2 kinders en familie!

ano ·

Baie groot verlies vir die musiek industrie. Nooit enige iets lelik oor haar gehoor in al die jare nie. RIV Marie

Fan ·

Ai, dis hartseer, soveel herinneringe met hulle musiek. Regtig ‘n groep wat so klassiek soos ‘n paar blou denims is. My heel eerste CD was ‘n Roxette CD.
RIV Marie!

VanAfrika ·

Was daar met hul heel eerste optrede in SA. Ek dink dit was Ellis Park gewees. Wat n awesome band. Sy het definitief “stage personality” gehad en het altyd goed gelyk in haar swart rokkie wat haar “trade mark” wawat die manne natuurlik gaande gehad het.

Joe_vN ·

Absolute tragiese nuus! Uitmuntende kunstenaar wat die agtergrond musiek van my jeug verskaf het. Met elke episode van kalwerliefde, sokkie, partytjie, break-ups en break-downs, was Marie Fredriksson! Ek het met jou musiek die dansbaan op my troue ge-open, en my kinders luister nog steeds na jou oppad skool toe. Ons familie het iemand spesiaal verloor. Baie dankie vir musiek wat ek seker tot my eie einde sal luister!

Thea Pienaar ·

R.I.P Marie Jou legende sal voortleef in jou pragtige musiek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.