SA’ner onder sterftes in Dubai-vliegongeluk

Foto ter illustrasie (Foto: Unsplash)

’n Suid-Afrikaanse man het Donderdag gesterf nadat ʼn vliegtuig naby die Dubai Internasionale Lughawe in die Verenigde Arabiese Emirate neergestort het. Drie Britse burgers het ook in die voorval omgekom.

The Guardian berig ʼn ondersoek is van stapel gestuur nadat ʼn vier-sitplek Britse Diamond DA42-vliegtuig etlike kilometers suid van dié lughawe geval het.

Volgens die BBC het die voorval waarin twee vlieëniers en twee passasiers gesterf het omstreeks 19:30 (plaaslike tyd) gebeur.

Plaaslike owerhede het gesê die vliegtuig was ten tyde van die voorval gebruik om navigasietoestelle te kalibreer.  ʼn Ondersoek na die oorsaak van die ongeluk is van stapel gestuur.

Die voorval het ʼn vertraging in vlugte veroorsaak met die lughawe wat vir 45 minute gesluit was.

Die oorledenes is nog nie geidentifiseer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.