Steeds baie vrae oor begraafplaas met miljoen mummies

Een van die mummies wat in die begraafplaas gevind is. Foto: Prof. Kerry Muhlestein/BYU

Een van die mummies wat in die begraafplaas gevind is. Foto: Prof. Kerry Muhlestein/BYU

Dertig jaar na daar begin is om ’n reuse Egiptiese begraafplaas te ondersoek wat meer as ’n miljoen gemummifiseerde oorblyfsels bevat, is wetenskaplikes steeds in die duister oor baie van dié vondste.

Die begraafplaas is meer as 1 500 jaar oud en dateer uit die periode toe Egipte in Romeinse besit was. Die oorledenes was gewone mense, waarskynlik dikwels arm, en hoewel probeer is om soveel as moontlik van die balsemproses toe te pas, is die mummifisering meer aan die droë woestyntoestande as die balsemproses te wyte.

Onder die tergende vrae is waarvandaan soveel oorledenes kon kom. Die naaste dorpie destyds was heeltemal te klein om so baie dooies op te lewer. Voorts blyk dit dat een van die mummies meer as twee meter (meer as sewe voet) lank was, en dubbel gevou moes word om in die graf te pas.

Voorts blyk dit dat blonde mense in hul eie sektor begrawe is, en so ook die rooikoppe. Verdere studie moet nog gedoen word om vas te stel of families hul eie sektore gehad het, en hierdie onderskeid dus aan familietrekke te wyte was.

Die volledige artikel in Livescience kan hier gelees word.

Herman Toerien

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer van Bloemfontein. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Wêreldnuus

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae