Supermodel (53) word weer ma

Naomi Campbell. (Foto: Jean-Baptiste Lacroix/AFP)

Die 53-jarige Britse supermodel, Naomi Campbell, het pas bekendgemaak dat sy vir die tweede keer ma geword het.

Campbell het in Mei 2021 vir die eerste keer ma geword na die geboorte van haar babadogtertjie. Sy het destyds geen besonderhede oor die baba se geboorte bekendgemaak nie.

Dié slag is sy ewe geheimsinnig, maar het wel verklap die baba is ʼn seuntjie. Sy het ʼn skattige foto op Instagram gedeel saam met ʼn inskrywing wat lui: “ʼn Ware geskenk van God. Geseënd! Welkom babaseun.”

Die supermodel, wat bekendheid in die negentigs verwerf het op die wêreld se gesogste loopplanke, het in 2017 aan die tydskrif, Evening Standard, gesê sy “dink die heeltyd daaraan om kinders te hê”.

Sy het destyds bygevoeg dat sy “met hoe wetenskap werk, dit kan doen wanneer sy wil”.

Die aktrise Zoe Saldana, die ontwerper Marc Jacobs, die Destiny’s Child-sangeres Kelly Rowland en die supermodelle Helena Christensen en Claudia Schiffer, het vir Campbell op sosiale media gelukgewens.

Naomi Campbell in 2020 op die voorblad van die Amerikaanse Vogue-tydskrif. (Foto: Facebook/Naomi Campbell)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

KatjieDeKat ·

Dis haar lewe. Baie kinders deur die eeue heen is in elk geval baie suksesvol deur hul oumas grootgemaak.

Nici ·

Mens hou nie aan weer ma word nie. Nog ‘n kind maak jou nie weer ma nie. Jy bly ma na die eerste kind. Jy kry kinders by. Jul skryfstyl kom so reg uit oorsese skindertydskrfte. Wees eernder oorspronklik as om als direk te vertaal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.