‘Swaarste vrou in die wêreld’ sterf

Eman Ahmed Abd El Aty. Foto: www.bitgiving.com

ʼn Egiptiese vrou wat op ʼn tyd as die swaarste vrou in die wêreld gesien is, het Maandag in die ouderdom van 37 gesterf.

The Independent berig Eman Ahmed Abd El Aty het ʼn seldsame skildkliertoestand gehad wat haar metabolisme geaffekteer het en gevolglik ʼn effek op haar hart, niere en respiratoriese stelsel gehad het.

Volgens die nuusagentskap het Ahmed in Februarie vanjaar vanaf Egipte na Mumbai in Indië gereis om ʼn operasie te ondergaan om haar te help om gewig te verloor. Sy het 504 kg geweeg toe sy in die hospitaal opgeneem is, maar het volgens berigte meer as 250 kg verloor nadat sy die operasie gehad het.

BBC berig sy is in Mei na die Burjeel-hospitaal in Abu Dhabi oorgeplaas nadat haar familie ʼn uitval met die hospitaal in Mumbai gehad het oor die koste van haar behandeling. Volgens die BBC het die Burjeel-hospitaal Ahmed se dood Maandag in ʼn verklaring bevestig en gesê sy het aan hartsiekte en nierdisfunksie gely.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Karma ·

@Alida – seker maar in ‘n ‘extra heavy duty container’ op ‘n vragvervoerskip met ‘ekstra heacy duty’ hyskrane om die optel-werk te doen.

Die arme “pall bearers” wat haar graf of krematorium toe moet dra ……….

MissDemeanor ·

Shame ek kry haar jammer. Sy het vir 20 jaar lank nie haar huis verlaat nie. Haar liggaam was haar tronk.

pbotha ·

siestog…dis goed dat die ou mens nou rus. Moes erge stryd gewees het

MissDemeanor ·

Ek kry die vrou so jammer. Vir 20 jaar lank was har liggaam haar tronk.

Karma ·

Nee wat, kyk – om só vet te word, kan mens se skildklier en jou metabolisme nie alleen geblameer word nie. Ek is self ± 50kg oorgewig (met die gevolglike hartprobleme, diabetes en hoë bloeddruk).

Hierdie vrou het haar tot ‘n massa van oor die 500kg OOREET en geen oefening gekry nie, daarom het haar hart maar net ingegee. RIV.

Pop ·

My hart is so seer vir haar. 37 jr oud en het niks geleef nie. ??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.