Toeskouers kap volksliedere by Rugbywêreldbeker

Toeskouers tydens die Rugbywêreldbeker in Frankryk (9 September 2023) (Foto: Clement Mahoudeau/AFP)

Rugby-toeskouers veroordeel die klank van die nasionale volksliedere by die openingswedstryde van die Rugbywêreldbeker in Frankryk.

Volgens kykers het alles onsamehangend op die uitsendings geklink en daar was tye wat dit geklink het of verskeie versies op dieselfde tyd gesing word.

Aanhangers het hulle aanvanklik na sosiale media gewend oor die wedstryd tussen Frankryk en Nieu-Seeland in Parys.

“Wie ook al met daardie verwerking vorendag gekom het, moet afgedank word,” het een kyker op X (Twitter) gesê. “Hulle het daardie volksliedere opgedons. Hopelik sal die rugby beter wees!” het RugbyLAD op X gesê.

Kykers was weer in oproer oor die Italiaanse volkslied, “Il Canto degli Italiani” voor die wedstryd teen Namibië.

Voor elke wedstryd word ʼn opname van ʼn kinderkoor gebruik wat die liedere sing en dit word nie goed ontvang nie, berig Planet Rugby.

“ʼn Wêreldbeker waar die Italiaanse en Franse volksliedere opgemors word is onvergeeflik,” het nog iemand bygevoeg.

Versoeke is aan die organiseerders van die Wêreldbeker gerig om veranderinge te maak voor volgende wedstryde.

“Hulle moet die kinderkoor skrap by die Wêreldbeker. Hulle verfomfaai al die volksliedere,” het Tom O’Hanlon bygevoeg.

X-gebruiker Marie het verduidelik waarom ʼn opname gebruik word oor die luidsprekerstelsel eerder as dat die kinderkoor self optree. “Dis eintlik ʼn hartseer storie. Die Franse rugbyfederasie het sommige skole opdrag gegee om die volksliedere te sing met ʼn belofte dat hulle sou kon optree en die wedstryde kan bywoon. Ter elfder ure het hulle egter van plan verander. Hulle het die kinders opgeneem en gesê hulle moet die wedstryde op televisie geniet …”

  • Klik hier om al die Rugbywêreldbekernuus op Maroela Media te volg.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Theresa ·

Die volkslied van SA was swak en onsamehangend, pateties uitgevoer en sub-standaard stemme…

Wicus ·

Die mense met sulke mag is die mense wat betaal het vir die uitsaaireg. Maar laat ek raai, jy soek dit gratis, want jy is entitled tot dit, en jy soek nie die klein formaat gratis nie, jy soek die beste gratis, soos die SABC..

Henry ·

Hulle moet onslae raak van daardie begrafnis koor wat hulle gebruik. Dit klink en is pateties

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.