Nog foto’s volg onderaan die berig. Die tennisster Roger Federer en sy vrou Mirka se tweede tweeling is Dinsdagaand gebore.
Die egpaar het reeds ʼn vierjarige tweeling, Myla Rose en Charlene Riva. Federer het die tweelingseuns se koms op Facebook aangekondig: “Ek en Mirka is ongelooflik dankbaar om te kan sê Leo en Lenny is vanaand gebore! Alweer ʼn tweeling… Wonderwerk!”
Die kans is ongeveer 1 uit 700 000 om ʼn tweede tweeling te kry.
Federer het vroeër aangekondig dat hy uit vandeesweek se Madrid Ope gaan onttrek om sy vrou die volgende paar weke by te staan.
Die 32-jarige tennisster is tans volgens die Association of Tennis Professionals (ATP) vierde in die wêreld. Hy is al sedert 2002 onder die top 10-spelers.
Dis nou dubelle dubbel geluk. Ten minste kan hulle dit bekostig. Baie geluk julle!!!