‘Vermiste’ meisie ses jaar later gevind danksy Netflix-reeks  

Kayla Unbeaun was nege jaar oud toe sy verdwyn het

ʼn Amerikaanse meisie wat ses jaar gelede spoorloos verdwyn het saam met haar ma, is veilig gevind nadat sy deur iemand herken is wat na ʼn Netflix-reeks oor haar verdwyning gekyk het.

Kayla Unbehaun was nege jaar oud toe sy in 2017 glo deur haar ma ontvoer is. Haar verdwyning was die onderwerp van ʼn episode in Netflix se onlangse Unsolved Mysteries-reeks.

Kayla, nou 15, is oor die naweek deur ʼn persoon by ʼn winkel in Asheville in die Amerikaanse deelstaat Noord-Carolina herken en die polisie is ontbied.

Heather Unbehaun, Kayla se ma, is intussen in hegtenis geneem en Kayla is met haar pa, wat wettige toesig oor haar het, herenig.

“Ek is verheug dat Kayla veilig tuis is,” het Ryan Iskerka, Kayla se pa, in ʼn verklaring gesê.

Kayla se ma het haar glo in Julie 2017 in Illinois ontvoer toe sy by haar gekuier het. Iskerka is na Unbehaun se huis om sy dogter op te laai, maar die ma en dogter was skoonveld.

Bronne: CNN, Sky News, USA Today

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Pierre ·

Die erge emosineele skade wat aangerig was, ek kan my net indunk die arme kind se emosies word in twee geskeur

TruthDealer ·

Ek wonder hoekom die ma so n drastiese roete gevolg het soos om te verdwyn met haar kind. Ek hoop hulle kyk dieper in hierdie saak in. Dalk het sy gedink haar kind is beter af weg vd pa, om watter redes ook al. Vir die kind se ontwil, maak maar net seker die pa is wel n bevoegde ouer.

Danie ·

By verstek word die kind, veral meisie kinders, aan die Ma gegee. Nog te meer omdat Illinois ‘n diep blou staat is. Dit laat my eerder wonder wat so erg was dat die hof haar toesig eerder aan haar pa toegeken is…

TruthDealer ·

Ja ek sou ook graag wil weet. Eienaardige saak. Ek hoop alles werk ten beste uit vir die meisie.

Jillian ·

Ek weet dis verkeerd. Maar ‘n ma bly ‘n ma. Jou kinders is jou begin en einde. Eks bly sy is nou hering met haar pa ook. Maar ek voel so jammer vir die kind. Haar bekende wêreld word nou uitmekaar geskeur????

Danie ·

Dit is dalk al aan die begin in twee geskeur. Die hof sal nie sonder rede sommer toesig, veral in ‘n diep blou staat, aan die pa gee nie. Dit hang ook af van hoe die Ma haar die afgelope jare behandel het.

Cherokee ·

Die dogter, nou 15, behoort ook sê te hê oor by wie sy wil bly.

Danie ·

Die Ma start tronkstraad in die gesig.
Sy het:
1. iemand ontvoer
2. ‘n minderjarige op die koop toe ontvoer
3. Sy het ‘n direkte hofbevel geïgnoreer

Dit is net die top 3. Daar kan nog bygevoeg word, afhangende van die toestand waarin Kayla is.

MJLS ·

Hoop en vertrou dat die pa sy kind nou in haar tienerjare baie mooi sal hanteer, sodat daar nie verdere skade aangerig kan word nie.

A.S ·

Ek kry die kind jammer! Ontvoering is def verkeerd maar daar moes ‘n rede gewees het hoekom sy haar eie kind ontvoer het.. behoort uit te kom sodra die hofsaak begin. Gelukkig is Kayla oud genoeg om te kies en haar weergawe te gee van gebeurtenisse…

Vexed ·

Interessant, ek lees die kommentare ek besef net weer hoe bevooroordeeld mense is. As dit die Pa was wat sy kind ontvoer het sou almal hom as ‘n monster uitgevreet het. Hoe weet ek dit. Ondervinding.

Niklaas ·

Die arme kind was maar net ‘n pion in hierdie geval , en dit alles moes traumaties gewees het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.