Video: SpaceX-ruimtekapsule en ruimtevaarders terug op aarde

Bob Behnken en Doug Hurley (Foto: SpaceX)

Nasa se ruimtevaarders Bob Behnken en Doug Hurley se voete is uiteindelik weer stewig op die aarde nadat hulle twee maande op die Internasionale Ruimtestasie (ISS) deurgebring het.

Nasa en SpaceX kon daarin slaag om Behnken en Hurley letterlik terug aarde toe te bring met die eerste seelanding in 45 jaar. Die ruimtevaarders het Sondag vroegaand die aarde se atmosfeer aan boord SpaceX se Crew Dragon-ruimtekapsule binnegedring en veilig in die Golf van Mexiko “geland”.

SpaceX is die Suid-Afrikaans gebore Elon Musk se ruimtevaartonderneming. “Welkom terug op planeet Aarde en dankie dat u SpaceX gevlieg het,” het beheerders vanuit SpaceX se hoofkantoor met die landing gesê.

“Dit was waarlik ’n ​​eer en voorreg vir ons,” het Hurley geantwoord.

Maroela Media het vroeër berig Behnken en Hurley het geskiedenis gemaak toe hulle einde Mei aan boord Crew Dragon, gelanseer deur die nou bekende Falcon 9-vuurpyl, na die ISS vertrek het.

Dit was die eerste keer in nege jaar dat ʼn ruimtetuig met Amerikaners van Amerikaanse grondgebied af gelanseer is.

SpaceX het ook die eerste private maatskappy geword om mense na die ruimte te neem.

Bronne: SkyNews, SpaceX, Nasa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Riaan ·

Merkwaardig… Elon se ander projekte – Nuralink en Starlink kry ook traksie. Sien uit om meer daarvan in die toekoms te hoor.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.