Video: Toerbus ingesluk, uitgespoeg

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Merkwaardige beeldmateriaal van ʼn toerbus wat in ʼn sinkgat val en dan weer in die rivier uitgespoeg word, is op YouTube gelaai.

Die voorval het glo Maandag in Brasilië plaasgevind. Die toeriste kon betyds die bus verlaat. Geen beserings is aangemeld nie.

Volgens die Jornal Nacional het nog ʼn voertuig probeer om die bus na veiligheid te sleep, maar die kabel het gebreek.

Die pad is vir twee dae gesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.