ʼn Pa van ʼn babadogtertjie het besluit om haar grootwordjare vas te vang deur haar een keer per week vir veertien jaar lank af te neem en ʼn video daarvan te maak.
Frans, die pa van Lotte Hofmeester, het soos alle ouers opgemerk hoe vinnig sy dogtertjie grootword, en het besluit om die herinneringe aan haar grootwordjare op dié spesiale manier vas te vang.
Die samestelling van 14 jaar se videomateriaal is onlangs op YouTube gelaai, waar dit groot opslae maak. ʼn Mens kan Lotte in die video voor jou sien grootword, van ʼn oulike baba tot ʼn pragtige tiener.
Hofmeester het op 28 Oktober 1999 met dié projek begin. “Sy het so vinnig verander dat ek besef het dis nodig om dit te dokumenteer. Ek wou die herinneringe koester en seker maak ek vergeet niks,” het hy op sy webwerf gesê.
Die video is op 10 April op YouTube opgelaai en is reeds meer as 6 miljoen keer gekyk.
Dis baie oulik van n pa om dogter sien groot word
Dit is baie oulik. Op my ouderdom voel ek asof ek nog gouer as dit ouer geword het.
My kinders is nie net meer my kinders nie , hulle is ook my goeie vriende. Waardeer jou kinders, God het hulle vir jou gegee.
Mooi gedoen. Dis nou iets besonders.