Minstens vier persone is dood na ʼn skietery in die noorde van Switserland.
Inwoners het glo laat Saterdagaand skote in Würenlingen gehoor en die polisie ontbied. Die polisie het die persone se liggame buite in die straat en in ʼn huis aangetref.
Die polisie is nog besig om die persone, almal volwassenes, uit te ken en ondersoek die motief van die skietery.
Hierdie was ‘n gesinstragedie met ‘n buurman wat ook in die stof gebyt het. Daar het 30 jaar laas iets soortgelyks in hierdie dorp plaasgevind. Dit ten spyte daarvan dat die Switsers proporsioneel van die grootste vuurwapeneienaars ter wêreld is. Laat mens dink of hoe?
”Laat mens dink nè’ sê jy. Mense is die land word nie meer toegelaat om vir self te dink.