VN reken herbouing van Gaza sal tot $40 miljard kos

ʼn Palestyn herstel metaalplate wat vir tydelike behuising gebruik word in ʼn straat in Khan Yunis in die suidelike Gaza-strook waar geboue verwoes is (2 Mei 2024) (Foto: AFP)

ʼn Agentskap van die Verenigde Nasies het Donderdag gesê dit sal na raming tussen $30 miljard en $40 miljard kos om die oorloggeteisterde Gaza te herbou. Dit sal ʼn poging verg wat sedert die Tweede Wêreldoorlog nog nie gesien is nie.

Dit is gebaseer op die VN-ontwikkelingsprogram se aanvanklike beramings, het Abdallah al-Dardari, adjunk-sekretaris-generaal van die VN, gesê.

“Die omvang van die verwoesting is enorm en ongekend. Dit is ʼn missie wat die wêreldgemeenskap sedert die Tweede Wêreldoorlog nog nie beleef het nie,” het Dardari tydens ʼn perskonferensie in Amman, Jordanië gesê.

Indien die rekonstruksie deur normale prosesse uitgevoer word “sal dit dekades lank duur”. “Die Palestyne het nie die luukse om dekades lank te wag nie. Dit is dus belangrik dat ons vinnig reageer om mense in behoorlike behuising te kry en hul lewens na normaal te laat terugkeer – ekonomies, maatskaplik en wat betref gesondheid en onderrig.”

Dardari sê dit is die VN se hoogste prioriteit. “Dit moet binne die eerste drie jaar bereik word ná vyandighede gestaak is.”

Hy reken die rommel ná bombardemente en ontploffings is sowat 37 miljoen ton.

“Dit is ʼn reusagtige syfer en dit neem daagliks toe,” het hy bygevoeg. “Die jongste data dui daarop dat dit reeds naby aan 40 miljoen ton is.”

Hy het ook gesê “72% van alle residensiële geboue is heeltemal of gedeeltelik verwoes”.

“Rekonstruksie moet sorgvuldig, doeltreffend en uiters buigsaam beplan word. Ons weet nie hoe die oorlog gaan eindig of watter tipe regering ná die oorlog in die Gaza-strook opgerig sal word nie.”

Hamas bestudeer voorstel vir Gaza-wapenstilstand

Ismail Haniyeh, hoof van Hamas, het intussen Donderdag gesê die Palestynse militante groep bestudeer die voorstel vir ʼn wapenstilstand in die byna sewe maande lange oorlog wat in Gaza woed “met ʼn positiewe gees”.

Haniyeh het in ʼn oproep met Egipte se intelligensiehoof Abbas Kamel gesê hy “waardeer die rol wat Egipte gespeel het”. Die land tree as bemiddelaar op in die gesprekke saam met Katar en die VSA. Hy “benadruk die positiewe gees waarmee die beweging die voorstel bestudeer,” aldus ʼn verklaring op Hamas se amptelike webwerf.

Die bemiddelaars het ʼn wapenstilstand voorgestel wat beteken dat gevegte vir 40 dae opgeskort sal word en dat dosyne gyselaars vir talle Palestynse gevangenes uitgeruil sal word.

Antony Blinken, Amerikaanse minister van buitelandse sake, het Woensdag tydens ʼn besoek aan Israel die Islamitiese beweging gemaan om die plan te aanvaar.

“Hamas moet ja sê sodat ons dit gedoen kan kry,” het Blinken gesê.

Die uitslag van die gesprekke is egter nog baie onseker, veral wat betref die getal gyselaars wat vrygelaat sal word en verskille oor die doel van enige ooreenkoms.

Hamas se doelwit bly om “ʼn einde te bring aan die oorlog”, het senior Hamas-beampte Suhail al-Hindi gesê. Dit is teenstrydig met Israel se eerste minister Benjamin Netanyahu se doel, wat onderneem het dat sy weermag steeds met Hamas sal baklei ná die wapenstilstand beëindig is.

Kommentaar van ander Hamas-beamptes dui daarop dat die beweging se mening oor die wapenstilstand “negatief” is.

Die oorlog het begin toe Hamas op 7 Oktober die suide van Israel aangeval het. Minstens 1 170 mense, hoofsaaklik burgerlikes, is reeds dood, aldus ʼn AFP-telling gebaseer op Israel se amptelike syfers. Israel beraam dat 129 persone, wat deur militante gyselaar geneem is, is steeds in Gaza. Die weermag sê egter 34 van hulle is oorlede. In die sewe maande van aanhouding deur Hamas is daar nog nooit inligting verskaf oor die gyselaars se toestand nie.

Israel se teenaanval het reeds minstens 34 596 mense se lewens geëis in Gaza, hoofsaaklik vroue en kinders, aldus die gesondheidsministerie in die Hamas-beheerde gebied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Renier ·

Moenie hammas n militante groep noem nie,noem hulle wat hulle is,terroriste.

Kokerboom ·

Verwoesting geinisiëer deur bose magte wat wêreldorde probeer omvergooi!Dit en menselyding is tragies

Dokter Pieter ·

Amerikaanse Jode sit agter die oorlog in Gaza en Ukraine

Dokter Pieter ·

Soek op youtube na Zionism dan verstaan julle Gaza.

Heinrich ·

Ek scheme dis goedkoper om Gaza te herbou as wat dit is om SA te herbou na die ANC hulle hande daarop gehad het…

hpven ·

Dit is hoe jou land lyk as jy terroriste huisves en daardie terroriste val ongewapende burgerlikes van ‘n ander land aan! Gasa inwoners het dit oor hulself gebring, en die oorlog gaan nog steeds aan.

Dooierus ·

Ek stik toe amper in my koffie toe ek lees iemand vat Redacted ernstig op. Hulle versprei net samesweringsteorie met voorliefde vir Putin.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.