‘Ysterlong’-man sterf op 78

Paul Alexander

ʼn 78-jarige man wat die grootste deel van sy lewe in ʼn ysterlong deurgebring het, is oorlede.

Paul Alexander van Dallas, Texas, het op sesjarige ouderdom polio opgedoen wat hom van die nek af ondertoe verlam gelaat het. Hy was op ʼn ysterlong aangewese om asem te haal.

Al was Alexander grotendeels tot die duikbootagtige silinder beperk, het hy uitgeblink in sy studies, ʼn regsgraad verwerf, in die regsveld gewerk en ʼn boek geskryf.

Philip Alexander het die dood van sy broer aangekondig. “Dit was ʼn eer om deel te wees van iemand se lewe wat so bewonder is soos syne.”

Volgens berigte is Alexander na ʼn hospitaal gehaas nadat hy glo Covid-19 opgedoen het.

Ysterlonge, wat in die 1920’s uitgevind is, is verseëlde silinders wat met pompe toegerus is. Die verhoging en verlaging van die druk in die silinder laat die pasiënt se longe uitsit en inkrimp.

Die gebruik daarvan het weggeval ná die uitvinding van die polio-entstof deur Jonas Salk, wat in 1955 wyd beskikbaar geword en die verlammende siekte mettertyd tot die geskiedenis beperk het.

Alexander hou die amptelike Guinness-wêreldrekord vir die persoon wat die langste in ʼn ysterlong geleef het.

Volgens sy Guinness-blad kon hy die ysterlong later in sy lewe vir lang tydperke verlaat en eers saans daarna terugkeer om te slaap.

Die 75-jarige Martha Lillard van Shawnee, Oklahoma, is glo die laaste oorlewende persoon in ʼn ysterlong.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Delia ·

Sjoe. Dit sou ek nie kon doen. Maar aan die ander kant besef mens nooit hoe sterk jy is tot jy in n spesifieke situasie kom nie.

Yvonne ·

Met my mens verstand kan ek nie begryp hoe hy so lank kon uithou nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.