Die Zimbabwiese regerende party, Zanu PF, se komiteevergadering het glo pas begin.
Christopher Mutsvangwa, leier van die Zimbabwiese oorlogsveterane, het Sondag aan die nuusdiens Reuters bevestig dat dié party beoog om pres. Robert Mugabe van sy amp te onthef.
Volgens Mutsvangwa gaan Emmerson Mnangagwa, die voormalige adjunkpresident wat onlangs die trekpas gekry het, as president aangestel word. Die 93-jarige Mugabe se vrou, Grace, gaan glo ook van haar rol as leier van die Zanu-PF se vroueliga onthef word.
“Ons almal beoog om Mugabe [uit sy amp te onthef],” het Mutsvangwa op pad na die vergadering gesê. “Hy probeer om te onderhandel vir ʼn waardige uittrede, maar hy moet raaksien wat besig is om te gebeur.”
Hou Maroela Media dop vir meer.
Kan hy nog sien
Dit sloer te lank .raak nou van hom ontslae en beweeg aan.
Wens ons het nou van zuma gepraat …hoe lank NOG met hom !
Zuma moet look and learn sy beurt kom!
Ek hoop die Mugabe seuns se uitspattige leefstyl sal ook nou tot n einde kom of het Grace genoeg miljoene uit die staatskoffers verkwansel om vir al die mugabes n leeftyd te hou ?
Tokkie, die antwoord is n besliste ja.
Ek hoop dat hy nou terug dink aan al die blankes wat hy so sleg behandel het selfs sy eie nasie Volgende is Zuma en sy korupte klomp sowel as julius malema