Volgens Australiese mediaberigte is die verbode middel Phentermine Dinsdag in Botha (44) se urinemonsters gevind. Daar is glo ook spore van die middel Benzodiazepine in Botha, bekend as die Wit Buffel, se urinemonsters gevind. Die uitslae sal nou na die Wêreld-boksvereniging se hoofkantoor in Panama gestuur word. Botha het al in sy 20 jaar lange professionele loopbaan teen Mike Tyson, Evander Holyfield, Michael Moorer en Lennox Lewis geboks.
Williams het Botha Vrydag met ʼn omstrede eenparige puntebeslissing gewen. Die beoordelaars in Brisbane het die geveg eenparig aan Williams toegeken. Twee beoordelaars het beslis dat Williams met 97–91 as wenner uit die stryd moet tree, terwyl die derde beoordelaar beslis het dat Williams met 98 teen 94 die botoon gevoer het.