Woolworths volg die voorbeeld van talle winkels en het ook besluit om Sondag al sy winkels landwyd te sluit vir wyle oud-pres. Nelson Mandela se begrafnis.
“Ons doen dit uit respek en ter wille van Mandela se nalatenskap aan die nasie,” het Ian Moir, Woolworths se uitvoerende hoof, Woensdag gesê.
Die volgende winkels wat tot dusver aangedui het hulle is Sondag gesluit, is dus: Woolworths, Clicks, Builders Warehouse, Builders Express, Builders Trade Depot, Builders Superstore, CBW, Cambridge Food, DionWired, Game Stores, Jumbo Cash and Carry, Makro, en Rhino Cash and Carry
Lees ook:
Clicks ook Sondag toe vir Mandela-begrafnis
Hierdie winkels is Sondag gesluit
Ek sal net graag wil weet, aangesien die hele wereld hierby betrokke is, hoekom dan die ooreen kom en die hele wereld tot stilstant dwing en alle besighede Sondag toemaak nie? Dink net wat dit dan vir wereld ekonomie gaan beteken!
Ek het nie probleem as die winkels wil toemaak uit respek vir ‘n afgestorwe president nie, maar daardie selfde winkels bly oop op elke ander Sabat dag.
Het hulle dus meer respek vir Mandela as vir God?
Peter my siening ook. Hulle is soms ook op ander Christelike vakansie dae in Volle drang maar hulle maak toe vir so iets.
Kennisgewing by Woolies La Lucia, toe vir Mandela begrafnis, oop op kersdag??? mis ons nie die punt nie. Het God geen plek meer nie. Ek sal nooit weer n ding by woolworths koop nie.