Volle naam: Oscar Leonard Carl Pistorius
Beroep/Veld: Naellope
Plek van Geboorte: Sandton, Johannesburg
Aantal jare ervaring: 8 (sedert sy deelname aan die Paralimpiese Spele in 2004)
Prestasies: 18 goue medaljes, 4 silwer en een brons medaljes vir verskeie internasionale en nasionale atletiekbyeenkomste. Eerste atleet met dubbele beenprosteses om aan die 2012 Olimpiese Spele in Londen deel te neem.
Google Hits: 54 400 000
Biografie:
Staan bekend as die “Blade Runner” en “die vinnigste man sonder bene”. Beide Pistorius se bene is geamputeer toe hy 11 maande oud was. In 2007 het hy aan sy eerste internasionale wedloop vir ongestremde atlete deelgeneem. Hy het reeds talle goue medaljes in die 2004 en 2008 Paralimpiese Spele ingepalm en neem in 2012 aan die Olimpiese Spele deel.
Skakels:
- Wikipedia
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
4 Kommentare
Ek is nie oortuig dat Oscar ‘n volbloed Afrikaner is nie !!
“Afrikaaner” or not he made History in 2012 true legend, and should make every South African proud! United as one nation
Moeilike een. Dat hy ‘n held is, en ‘n top Suid-Afrikaner is, is nie vir my moeilik om in te sien nie. Die vraag is egter spesifiek of hy ‘n top Afrikaner is. Vir my is Afrikanerskap iets wat jy moet WIL wees (Ja, ek glo daar is ‘n vrywillige element en dis nie net opgesluit in jou DNA nie, maar jou keuses). As Oscar homself as ‘n Afrikaner sien (dus, nie net ‘n Suid-Afrikaner nie), dan kwalifiseer hy wel vir hierdie ‘kulturele olimpiese spele.’ As hy egter net aan ‘n nasionale identiteit vasklou en vere voel vir sy kultuur,… Lees meer »
vir elke gestremde, vir elke jong seun gesonde seun/dogter, vir ons is hy ‘n voorbeeld dat niks iemand hoef onder te kry nie , alles is moontlik wanneer die wil daar is.