Luister: Skink weer ʼn teetjie ten bate van kankerlyers

(Argieffoto)

Die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) bied weer vanjaar die jaarlikse Cuppa for Cansa-geleentheid in ʼn digitale formaat aan.

Die vereniging, wat vanjaar sy 90ste bestaansjaar vier, het sedert 1931 ontwikkel en gegroei te danke aan talle vennootskappe, donasies en die toegewyde deursettingsvermoë van lede van die Suid-Afrikaanse gemeenskap.

SPAR is vanjaar die hoofborg van die geleentheid terwyl Maroela Media as mediavennoot optree.

Anita Snyders, volhoubaarheidsbestuurder van Kansa vir Gauteng, Noordwes en Limpopo, verduidelik dat dit maklik is om vanjaar betrokke te raak by die geldinsamelingsgeleentheid.

Die geleentheid vind op 30 Oktober plaas.

“Wat dit vanjaar weer so lekker maak, is dat gashere of gasvroue tuis ʼn tafel vir hom of haar en nege vriende kan dek en saam kan tee drink en ontbyt eet ten bate van die organisasie.”

Geleenthede word vanjaar in Pretoria, Bloemfontein, Durban en die Paarl aangebied.

Die koste beloop R1 000 per tafel (R100 per persoon). Daar is ʼn beperkte aantal tafels beskikbaar.

Om betrokke te raak, besoek die webwerf of kontak Anita Snyders by [email protected].

  • Luister bo-aan die berig na die volledige onderhoud met Anita Snyders. 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.