Podlitiek: Eskom stuur noodkreet, Sisulu wil skole meet, Ramaphosa in KZN vergeet

 

Opgestel deur die Podlitiek-span

Lindiwe Sisulu (Foto: GCIS)

Ná ʼn paar weke van Eskom-geïnduseerde verlof is die Podlitiek-span terug met ʼn episode so vars dat Totius of Louw dalk iets daaroor sou kon dig. In die middel van die laat winter is die Podlitiek-paneel voor op die wa en reggebek om ietsie op te merk oor dit en ook oor dat.

Die eerste storie kom uit die diep-donkertes van MegaWatt-park, waar dit voorkom asof min. Pravin Gordhan tog uiteindelik die lig gesien en ʼn noodsein aan dr. Dirk Hermann van Solidariteit gestuur het met die boodskap wat so tussen die lyne lees “ag, help ʼn bietjie hier”. Hermann en Solidariteit staan al vir jare gereed met ʼn lys van kundiges wat bereid is om te help, en dit kom voor asof die keuse tussen trots en nood vir Gordhan na ʼn kant toe geswaai het.

ʼn Volgende storie is dat min. Lindiwe Sisulu voel dat skole op ʼn streng persentasiebasis wit en swart moet wees. Sy stel 50/50 voor, wat Podlitiek aan die opmerking van Pretoria FM se James Kemp laat dink – ons gaan miljoene wit kinders nodig hê! Nietemin moet die Afrikaanse gemeenskap kennis hiervan neem, dieselfde toertjies is natuurlik met ons universiteite uitgehaal, met veel sukses as jy toevallig ʼn lid van die groen-, geel-en-swart-politieke-party is, of as jou moedertaal toevallig rym met “Mengels”. Die Podlitiek-paneel wonder hoeveel van Sisulu se skielike rasbewussyn aan die komende ANC-verkiesing toe te skryf is …

ʼn Derde storie dié week is dat pres. Cyril Ramaphosa ʼn moeilike tydjie in KwaZulu-Natal agter die rug het. Dít nadat hy by die ANC se kongres in hierdie provinsie begroet is met die dreunsang “wenzen uZuma?” wat beteken “wat het Zuma verkeerd gedoen?”. Die paneel bespreek die ANC se stormagtige verhouding met KwaZulu-Natal, en wat dit vir Desember se konferensie kan beteken.

Luister Podlitiek vir hierdie kwessies, en meer!

  • Die Podlitiek-span bestaan uit Paul Maritz, Daniël Eloff (Hurter Spies Ing.), Ernst van Zyl (AfriForum) en Frederik van Dyk.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers, Podsendings

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

George ·

Sisulu, wat van ons maak government eerste 50/50, lead by example.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.