Podlitiek: ’n Bietjie Podlitieke filosofie

Opgestel deur die Podlitiek-span

Dit gebeur so ’n paar keer per jaar dat Hermann Pretorius en Paul Maritz, twee van die lede van die Podlitiek-viermanskap, hulself alleen in die virtuele ateljee bevind. Op so ’n geleentheid hou hierdie twee dan daarvan om so bietjie weg te beweeg van die normale weeklikse nuusepisode, en liewer op die filosofiese wortels van heersende idees na te speur en op te soek.

Met die treurmare van ’n begroting wat deur die nasionale tesourie voorgehou is, wonder Podlitiek waarheen die land op die lang termyn op pad is, en op pad wil wees. Besluite oor minimum lone, belasting, en skuld kom aan die beurt, met Paul en Hermann wat glo dat die huidige trajek sekerlik iets moet verklap oor die toekoms waarheen Suid-Afrika tans op pad is.

Daar is ’n interessante punt om te maak rakende sentrale beheer – dit kom voor asof baie lande in die afgelope jare tot die besef gekom het dat die vryemark die beste instrument is om mense uit armoede op te hef – tog het hierdie boodskap nog nie by die ANC uitgekom nie. Hoe, as jou land die hoogste jeugwerkloosheid op aarde het, maak ’n toename in die minimum loon sin?

Luister gerus hierdie week se Podlitiek as jy die dieper storie agter die onlangse begrotingsrede, en die dieperliggende stromings daarvan, uit ’n ander hoek wil hoor.

Podlitiek lewer nie die nuus nie, hulle maak dit. Luister Podlitiek.

  • Die Podlitiek-span bestaan uit Hermann Pretorius (IRV), Ernst van Zyl (AfriForum), Paul Maritz (Solidariteit) en Daniël Eloff (Hurter Spies Ing.).

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers, Podsendings

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.