Podlitiek: Plaasmoorde protes in Roedtan, AfriForum vat onteiening aan, wen vir DA-burgemeester-span

Opgestel deur die Podlitiek-span

Mpho Phalatse buite die Johannesburgse Hooggeregshof (Foto: Twitter)

In vandeesweek se episode staan die Podlitiek-span eerstens stil by die protesoptog teen plaasmoorde wat in Roedtan plaasgevind het.

Die span kyk na die sentimente van die gemeenskap wat die optog gelei het – mense is doodeenvoudig moeg vir plaasmoorde!

Verder kyk die span ook na die omvattende veldtog wat AfriForum onlangs van stapel gestuur het teen onteiening sonder vergoeding. Die veldtog wil spesifiek die gevare van dié wetsontwerp op plaaslike, nasionale en internasionale vlak uitlig.

Laastens gesels die span oor die onlangse oorwinning van die DA in Johannesburg – die verwydering van hul burgemeesterskandidaat Mpho Phalatse is onregmatig verklaar. Die Podlitiek-span gesels oor die lot van Phalatse in Johannesburg en die onstuimighede van koalisiepolitiek.

Luister Podlitiek vir hierdie, en meer!

  • Die Podlitiek-span bestaan uit Paul Maritz, Ernst van Zyl, Frederik van Dyk en Reiner Duvenage.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers, Podsendings

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

My beste wense en steun aan die Podlitiek-span bestaande uit Paul Maritz, Ernst van Zyl, Frederik van Dyk en Reiner Duvenage. Mag julle opbouende span groei van krag tot krag.

Dit tyd het nou aangebreek dat alle Suid-Afrikaners moet besef dat jy skouer aan die wiel moet sit indien jy doeltreffende en effektiewe demokrasie in jou lewe wil beleef. “Demokrasie” moet verdien word en val nie uit die hemel nie. Ons weet wat SA se probleme is. Hou op tydmors om daaroor te praat. En basta en voertsek met al die kriminele, gieraards, klaers, verwyters, rugstekers en natuurstropers.

NOU moet ons onverwyld veg en opbou vir ‘n beter toekoms vir ons nageslagte. Dra hierdie visie en evangelie ook oor aan die stemslawe van die ANC en EFF. Kom ons beleef die plesier van kreatiewe denke en selfaktualisering en die waarde van naasteliefde en ‘n omgee- vir- mekaar-kultuur.

Werner ·

Ek geniet Podlitiek baie, maar op Apple Podcast word nuwe episodes eers gelaai nadat die nuus al irrelevant is. Die nuutste Podlitiek episode is tans 18 Okt

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.