Podlitiek: Toerismefonds gevries, almal vir Kubane vies en Zille-boek nuus

Opgestel deur die Podlitiek-span

Helen Zille. (Foto: Tracey Adams/African News Agency)

Ernst van Zyl en Paul Maritz is terug op hul pos agter die mikrofone vir die week se Podlitiek. Hulle bespreek die hofuitspraak rakende die rassistiese toerismefonds, die Kubaanse ingenieurs wat verlede week in Suid-Afrika aangekom het en voormalige DA-leier Helen Zille se nuwe boek.

Ernst skop die episode af deur AfriForum en Solidariteit se groot oorwinning teen die departement van toerisme te bespreek. Dit volg nadat die hof beveel het dat enige uitbetalings uit hierdie fonds vir eers gestaak moet word sodat ʼn ondersoek gedoen kan word na die wetlikheid van hierdie fonds se bestaande benadering.

Volgende aan die beurt is die Kubaanse ingenieurs wat Suid-Afrika met sy waterkrisis moet help. Minister Lindiwe Sisulu moet steeds bontstaan om vrae te antwoord ná die Kubane verlede week met groot fanfare verwelkom is. Die jongste is dat hierdie ingenieurs hier is om Suid-Afrika se ingenieurs te mentor. Nou wonder die Podlitiek-span waarom die 120 ingenieurs wat Solidariteit aan die minister gebied het, wat geregistreer is om te werk, nie goed genoeg is nie?

Laastens bespreek Ernst sy onderhoud van verlede week met Helen Zille aangaande haar nuwe boek, en van die foute wat die DA dalk in die afgelope dekade in hul benadering gemaak het.

Al hierdie stories en meer in hierdie week se Podlitiek.

Podlitiek lewer nie die nuus nie, hulle maak dit. Luister Podlitiek.

  • Die Podlitiek-span bestaan uit Hermann Pretorius (IRV), Ernst van Zyl (AfriForum), Paul Maritz (Solidariteit) en Daniël Eloff (Hurter Spies Ing.).

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers, Podsendings

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.