Podlitiek: Toerismefonds grief, chaos in Piet Retief, nóg Kubane ingevlieg

Opgestel deur die Podlitiek-span

Oproeriges het onder andere probeer om die draad te verwyder. (Foto: Tania Heyns)

In hierdie episode van Podlitiek is Ernst van Zyl en Paul Maritz in gesprek. Die onderwerpe wat ter sprake kom, is die chaos wat in Piet Retief plaasgevind het, die teleurstellende stand van die toerismehulpfonds en die nuus dat nog Kubane ingevlieg is om Suid-Afrika te kom “help”.  Soos gewoonlik word nuus en kommentaar vermeng, in ‘n proses wat die paneel graag noem “ontnonsens”.

Ernst spring weg en verduidelik wat aan die gang is in die aansoek wat AfriForum en Solidariteit gebring het teen die duidelike diskriminasie in die toedeling van hulpfondse in die toerismesektor.  Paul volg hom op deur ‘n analise te bied van die aankoms van nog 24 Kubaanse “spesialiste” wat as ingenieurs handjie moet bysit in die ontwikkeling van infrastruktuur of iets van die aard. Dit is nie aan Podlitiek duidelik nie, maar dit is dalk aan niemand duidelik nie, wat presies hierdie mense hier kom doen nie. Veral indien oorweeg word dat hulle van ʼn land af kom wat so net duskant inmekaartuimel dobber.

Laastens word die aanval op ʼn joernalis buite die hof in Piet Retief bespreek. Veral die uitlatings van die betogers behoort met erns opgeneem te word.

Al hierdie stories en meer in hierdie week se Podlitiek.

Podlitiek lewer nie die nuus nie, hulle maak dit. Luister Podlitiek.

  • Die Podlitiek-span bestaan uit Hermann Pretorius (IRV), Ernst van Zyl (AfriForum), Paul Maritz (Solidariteit) en Daniël Eloff (Hurter Spies Ing.).

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers, Podsendings

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Johan ·

Die kubane moet terugbetaal word want hulle het nog altyd die anc terroriste ondersteun. Grootste deel van hulle salarisse gaan na die kubaanse regerìng.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.