Podlitiek: Trump wil weer vaar, Twitter trek swaar en Malema gedagvaar?

Opgestel deur die Podlitiek-span

In vandeesweek se Podlitiek-episode bespreek die viermanskap van Ernst van Zyl, Frederik van Dyk, Reiner Duvenage en Paul Maritz ʼn paar groot sake op hul nuusagenda.

Soos wat dikwels in Suid-Afrikaanse media die geval is, kom Julius Malema aan die beurt, gevolg deur ʼn bespreking van Donald Trump se voorneme om weer in 2024 na Washington te verhuis.

Laastens word daar ʼn bietjie oor Twitter gesels, met die sosialemediareus wat skynbaar sukkel om by hul Pretoriase eienaar se leierskapstyl aan te pas …

Luister Podlitiek vir hierdie kwessies, en meer!

  • Die Podlitiek-span bestaan uit Paul Maritz, Ernst van Zyl, Frederik van Dyk en Reiner Duvenage.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers, Podsendings

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Groen Ghoen ·

CNN, Skynews, BBC, SABC, Twitter, noem maar op, se gebede is verhoor! Trump is terug! Die tonge gaan weer klap en die kasregisters klingel. Skud die byekorwe, oom Donald, en geniet elke oomblik daarvan.

Harley Davidson ·

Pres Trump is die beste leier in die wêreld.Biden en Ramaposa is op dieselfde vlak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.