Soorte resepte:

Resep: Kaasbal met kraakbeskuitjies

Kaasbal met kraakbeskuitjies (Foto: Lapa-uitgewers)

Beïndruk jou gaste met dié happie voor ete.

Lewers 12 porsies

Bestanddele

  • 250 ml laevet- soetrissiemaaskaas
  • 50 g fyn biltong
  • 50 g gerasperde mozzarellakaas
  • 30 g ongesoute neute
  • paar vars roosmaryntakkies of -blare
  • 300 g volgraankraakbeskuitjies* (25 g/4 per porsie)

Metode

  1. Meng die maaskaas, biltong en kaas en vorm 1 groot bal of 12 balletjies.
  2. Kap die neute in ‘n voedselverwerker fyn en rol die bal(letjies) daarin totdat ‘n kors buite-om vorm.
  3. Verkoel minstens 2 uur lank.
  4. Versier die bal met roosmaryn en druk effens plat sodat dit stewig op ‘n opdienbord kan staan.
  5. Sit voor saam met 4 beskuitjies per persoon.

Resep: Lekker & Ggesond: Gesonde kosblikkie

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Ai ja jai ·

Dog amper ek sien ‘kaalbas’, was sommer dadelik wakker he he

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.