Knoffel, spek en kaas is die perfekte kombinasie vir jou volgende braai!
Lewer 6 broodjies
Bestanddele
1 x 6-pak hamburgerrolletjies
100 g botter, gesmelt
2 e vars knoffel
1½ e gemengde kruie
1 t sout
200 g spek, gaargemaak
150 g mozzarellakaas, gerasper
Metode
Hol die rolletjies uit, maar moenie die rolletjies uit mekaar haal nie.
Meng die botter, knoffel, kruie en sout saam en smeer dit oor en in al die rolletjies.
Vul die rolletjies met spek en sprinkel mozzarellakaas rojaal oor.
Bak vir 20 minute teen 160 °
Resep: Janie Monsieur
ondersteun maroela media só
Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.
Dit lyk heerlik. More se aand ete.
Ek dit vanaand gemaak met Portuguese rolls. Heerlik.