’n Lekker variasie op gewone knoffelbrood saam met die naweek se braai!
Bestanddele
- 1 kg klaargemaakte brooddeeg
- 1 x 40 g pakkie Potato Bake (’n geur van jou keuse)
- 375 ml melk
- 250 ml room
- 1 knoffelhuisie, fyngekap
- 250 g Cheddarkaas, gerasper
Metode
- Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n oondpan.
- Vorm bolletjies met die brooddeeg en hou eenkant.
- Meng die melk, room en fyngekapte knoffel saam.
- Meng die Potato Bake met die melkmengsel en giet die helfte van die mengsel in die voorbereide oondpan.
- Pak die deegbolletjies in die oondpan en giet die oorblywende melkmengsel oor.
- Strooi die gerasperde kaas oor en laat dit ongeveer 30 minute rus sodat die deeg kan rys.
- Bak vir ongeveer 45 minute tot gaar.
Bron: Kook saam Kaaps
Uitgewer: Lapa