Suid-Afrika se e-handelbedryf het Dinsdag ʼn hupstoot gekry toe Proudly South African ʼn aanlyn portaal bekendgestel het waar plaaslik vervaardigde goedere en produkte eksklusief verkoop kan word.
Lees meerAlles vir Dinsdag 21 Augustus 2018
Stadsraad waarsku teen werksonderhoudslenter
Die Stad Tshwane is in kennis gestel oor ʼn vervalste advertensie wat deur SMS en moontlik ander apps versprei word oor ʼn uitnodiging vir ʼn werksonderhoud vir ʼn administratiewe klerk by dié munisipaliteit.
‘Uitsondering’ word nou soos ʼn ‘blanko tjek’ gebruik
Staatsamptenare misbruik die uitsondering vir tenders wat slegs tydens noodsituasies gebruik moet word, het die kommissie van ondersoek oor staatskaping Dinsdag gehoor.
SA kyk na dié Afrika-lande vir olie
Suid-Afrika ondersoek Algerië, Ekwatoriaal-Guinee en Suid-Soedan as bronne vir ru-olie terwyl die land sy hoogste petrolpryse in die geskiedenis beleef, het die minister van energie Dinsdag gesê.
Agri SA verwelkom ANC se verbintenisse oor landbou
Agri SA het in ʼn verklaring gesê die organisasie is bemoedig deur Dinsdag se produktiewe vergadering met senior ANC-beamptes rakende landbougrondhervorming en landbou-eiendom.
Pa se notas bring skokwending in Anika-saak
Anika Smit, die vermoorde tiener van Pretoria, se pa het sedert sy dogter se wrede moord notas begin hou met die hoop dat iemand vir haar moord aanspreeklik gehou kan word.
Msimanga wil stadsbestuurder skors oor tenderskandaal
Solly Msimanga, burgemeester van Tshwane, het Dinsdag gesê hy sal die stadsraad versoek om die beleërde stadsbestuurder Moeketsi Mosola en ander senior amptenare van die munisipaliteit te skors, terwyl ʼn ondersoek oor beweerde tenderonreëlmatighede voortduur.
Dossier word saamgestel oor Birdeiland-bewerings
ʼn Dossier word saamgestel na aanleiding van inligting wat een van die skrywers van ‘Die seuns van Bird Island’-boek ná die publikasie van dié omstrede boek ontvang het.
ToekomsVenster: Dis doodeenvoudig
Here Jesus, dis baie duidelik waarom ek somtyds so sukkel. Ek bid nie. Dis eenvoudig en reguit.
Twee Cheetahs vir spel in Pro14 vereer
Die haker van die Cheetahs, Torsten van Jaarsveld, het in dié span se eerste seisoen in die Pro14-reeks sodanig uitgeblink dat hy in die Pro14-droomspan ingesluit is.
Die wêreld in foto’s – 21 Augustus 2018
Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Vrede-suiwelprojek: Beskuldigdes terug in hof
Landdros Collin Nenkosi het beveel dat die staat sy ondersoek na die saak moet afhandel en die beskuldigdes teen einde November van die finale dossier moet voorsien.
‘Ons gaan nêrens heen nie,’ sê grondbesetters
Plakkate buite die hof het onder meer gelui “land or die” en “land is not for white people”.
Seun (13) neem glo eie lewe
ʼn 13-jarige seun het glo Dinsdagoggend sy eie lewe geneem by sy ouerhuis in Stellenbosch.
NGV ‘nie ontwerp om te werk nie’
“My bekommernis is dat teen die tyd wanneer Suid-Afrika tot dieselfde gevolgtrekking kom, sal ons private gesondheidsorg onherstelbaar verwoes wees.”
Argentyne wil nou Curriebeker-rugby speel
Meer is klaarblyklik vir die rugbybase beter, en die moontlikheid word nou ondersoek om ʼn oorsese span tot die Curriebeker-reeks toe te laat.
Grondbesetting: Man verlaat plaas ‘uit vrees vir sy lewe’
Pieter Boshoff (70), die man wat Sondagoggend deur sowat 70 grondbesetters op sy plaas in Burgersfort in Limpopo ingewag is, het sedertdien sy eiendom ontruim.
Bekendstelling: Dié luikrug laat loop
Dit klink dalk soos toordery, maar ek’t dit nou by die Megane en voorheen by ʼn Porsche ervaar, en die resultate is asemrowend, skryf Brendon Staniforth.
Afrigter beken skuld op seksklagte
Collan Rex, ʼn voormalige waterpolo-afrigter van die Parktown Boys’ High School in Johannesburg, het Dinsdag in die Palm Ridge-hooggeregshof skuld beken op 144 seksuele aanklagte teen hom.
Wees ‘Virseker’ deel van die legkaart
Die oplossing lê nie in “my” legkaartstukkie nie, maar in “ons” stukkies.