Dié blokkies sal jou soettand en sjokoladelus bevredig.
Bestanddele
- 1 k margarien, in blokkies gesny en teen kamertemperatuur
- 1 k klewerige bruinsuiker
- ½ k strooisuiker
- 2 eiers
- 2 t vanielje
- knippie sout
- 1 t bakpoeier
- 1 ½ k meel
- 2 k hawermout
- 1 ½ k sjokoladekrummels
Metode
- Voorverhit oond tot 180 °
- Meng botter en albei suikers saam tot romerig.
- Voeg eiers een vir een by en meng na elke eier. Voeg vanielje by en meng weer.
- Gooi sout, bakpoeier, meel, hawermout en die helfte van die sjokoladekrummels by die margarienmengsel en meng met ʼn houtlepel tot alles goed gemeng is en ʼn deeg vorm.
- Versprei die helfte van die deeg met jou hande in ʼn oondbak, sodat die hele bodem bedek word.
- Sprinkel die res van die sjokoladekrummels oor en bedek dit weer met die orige deeg.
- Bak vir 30 minute, laat dit vir 10 minute afkoel en sny dit in blokkies, maar moenie die blokkies uithaal nie. Laat dit vir 2 ure in yskas afkoel, en haal dan die blokkies uit die bak. Bêre in die yskas.
Resep: Janie Monsieur
Lyk yummy, maar waar kry ek die sjokolade krummels? Hoe lyk dit of moet ek self sjokolade rasper?