As jy van vrugtekoek hou, sal dié broodjie jou hart baie bly maak…
1 middelslag-broodjie
Bestanddele:
- 300 g vrugtekoekmengsel
- 250 ml koue sterk rooibostee
- 2 eiers
- 180 ml suiker
- 250 g volkoringmeel
- 5 ml bakpoeier
- 3 ml gemengde speserye
Metode:
- Week die vrugtekoekmengsel oornag in die koue rooibostee.
- Voorverhit die oond tot 180°C en smeer ‘n groot broodpan.
- Roer die suiker by die vrugtemengsel en voeg dan die volkoringmeel by.
- Klits die eiers en roer dit deeglik deur die mengsel.
- Skep die deeg in die voorbereide brood pan.
- Bak vir 75 minute (1¼ uur) tot gaar.
- Keer op ‘n draadrak uit en laat afkoel.
Bron: Kook saam Kaaps
UItgewer: Lapa
Dankie dit lyk nou baie lekker gaan dit definitief probeer. My man is mal oor vrugtekoek.
Kan die broodjie, ook soos ‘n vrugtekoek, lank bewaar word?