Dié ligte poeding maak ‘n mens sommer in ‘n japtrap. Mev. SJ Booyens van Helderkruin, Roodepoort, vervang die grenadellamoes soms deur appelsous of ingemaakte pynappelmoes. Sit dit voor met room of vla.
Lewer 4 – 6 porsies
Bestanddele:
100 g (125 ml) suiker
50 g (60 ml) botter of margarien
2 eiers, geskei
50 g (75 ml) koekmeelblom
300 ml melk
1 blikkie (115 g) grenadellamoes (of die moes van 3 vars grenadellas)
Metode:
1. Voorverhit die oond tot 160°C (325°F). Smeer ‘n oondvaste bak van 15 x 25 x 5 cm.
2. Klop die suiker en botter of margarien saam tot goed gemeng.
2. Voeg die eiergele by en meng goed.
3. Klop die koekmeelblom, melk en grenadellamoes by.
4. Klits die eierwitte tot styf en vou dit liggies in die mengsel in.
5. Skep dit in die bak. Bak dit 30 minute lank.
Hierdie resep is oorspronklik gepubliseer in Huisgenoot Wenresepte 1
Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R285-00*
*Prys onderhewig aan verandering
Klink baie lekker en veral gou om te maak as die tyd min is.
die grenedella en souskluitjie resep lyk heerlik..waar save ek vir n vgl keer