Hierdie variasie op makrolletjies (macaroons) is gesond en baie maklik. Geen suiker – slegs heuning, en net gesonde vette. Donkersjokolade maak dit ʼn moet-beproef-nagereghappie.
Bestanddele
- 3 eierwitte, geklits
- 1 doppie vanieljegeursel
- 2 e heuning
- 3 k klapper
- donkersjokolade, gesmelt
Metode
- Voorverhit oond tot 180 °C.
- Klits eierwitte tot sagtepuntstadium.
- Gooi vanieljegeursel en heuning by eierwitte en klits weer.
- Gooi klapper in bak en vou eierwitte daarby in.
- Gebruik jou hande om klontjies te vorm.
- Bak vir 20 minute en giet dan gesmelte donkersjokolade oor.
Resep: Janie Monsieur
dit lyk yummy
Dit lyk glad nie lekker nie!
Enigiets met klapper is lekker – dit is waarom ek daarna kyk. Klapper en karamel is lekker op enige manier. Miskien kan die sjokolade gevarieer word met karamel.